Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gumtree Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Gumtree Guest House is aan die oewer van die Grobbelaarsrivier geleë, met uitsigte oor die historiese hangbrug en die Swartberge. Ons tuin is 'n toevlugsoord vir verskillende voëlsoorte. Ons is baie sentraal in die dorp geleë, slegs 2 minute se stap na die naaste restaurante.

Al ons kamers sluit lugversorging, TV's, yskassies, muurkluise, japonne en komplimentêre tee en koffie in. Al die kamers het hulle eie privaat buite-ingange. Ons Superieure kamers lei na 'n houtdek wat oor die tuin, hangbrug en die Swartberge uitkyk. Ons het 1 dubbelkamer met slaapgeriewe vir 'n ekstra volwassene, of 2 kinders op 'n dubbelslaapbank.

Ontbyt is by die tariewe ingesluit en bestaan uit vars gebakte brood, vrugteslaai, ontbytgraan, jogurt, kaas, vleis, asook 'n warm ontbyt van jou keuse (wat per bestelling gemaak word). Ons probeer om soveel as moontlik gebruik te maak van plaaslike produkte soos spek, wors, melk, jogurt, eiers, konfyte, en die meeste van die kaas word plaaslik vervaardig.

Gratis WiFi is beskikbaar vir gaste om in hulle kamers en op die dekke te gebruik. Ons bied veilige parkeerplek op die perseel vir gaste aan. Ons het 'n groot dek met 'n swembad wat oor die die rivier uitkyk met wonderlike sonsondergange. Ons braai-area is naby aan die swembad geleë en word dikwels deur ons gaste gebruik - dit is 'n wonderlike ligging vir 'n aandmaal.

Geriewe beskikbaar sluit die volgende in: wasgoeddienste, telefoon, faks- en e-pos-geriewe. Ons is ten volle gelisensieer en bied 'n knus kroeg wat ideaal is vir drankies voor of na aandete.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Marianna S
5.0
Dit is een van die beste gastehuise waar ek nog oorgeslaap het. My benchmark is. Die verblyf was baie aangenaam. Die gasheer is hulpvaardig sonder om ...
Sien meer
Feb 2024
Andrew H
Saam met vriende
5.0
Skoon, modern en als werk. Vriendelike ontvangs, uistekende gasvryheid en lees maar die huisreëls.
Okt 2023
Lee G
Saam met vriende
5.0
Perfect stay! Absolutely amazing! Will definitely return.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Elsa V
Saam met vriende
5.0
Lekker plek met gawe gasheer. 9 nagte tydens KKNK. Die gebrek aan kaste om my hele tas uit te pak het my aanvanklik gepla, maar al die ander lekker di...
Sien meer
Apr 2023
Piet B
Saam met vriende
5.0
Baie lekker, moes nog 'n dag langer gekuier en bespreek het. Ons sal verseker weer by hulle bespreek in die toekoms.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gerry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gumtree Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 139 Kerkstraat, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxNDYxMTg4LTkwYjgtNGI4ZC1hYjdhLTliODRjNDA1YzJhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 139 Kerkstraat Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.588280063693 22.201555967331

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang