Alikreukel 10
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2025 tot 31 Jan 2025.
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaap De Goede Hoop-laan, Alikreukel-kompleks, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Alikreukel 10 is op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks in die hartjie van Hartenbos in Mosselbaai, 'n hawedorp op die Tuinroete. Dit is die ideale plek vir gaste wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n kindergrootte-stapelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus.
Braaigeriewe en veilige parkeerplek is ook beskikbaar. Die kompleks beskik oor 'n swembad en 'n wassery met wasmasjiene en tuimeldroërs. Die strand is stapafstand ver en die woonstel is direk oorkant die Hartenbos Seefront-winkelsentrum en naby al die restaurante, die Pick n Pay en 'n putt-putt- en kegelbalbaan vir die kinders.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kaap De Goede Hoop-laan, Alikreukel-kompleks, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kaap De Goede Hoop-laan, Alikreukel-kompleks, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang