Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartenbos Landgoed 80

Winteraanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartenbos Landgoed, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 400 R3 740 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Hartenbos Landgoed 80 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 5 slaapkamers. Dit is in 'n 24 uur-sekuriteitskompleks in Hartenbos en is ideaal vir 'n groep vriende of familielede.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en het 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die leefarea bied toegang tot 'n braai-area met ingeboude braaigeriewe en 'n grasperk langsaan. Die grasperk lei na fynbos en duine, so gaste hoef hul nie te bekommer oor hul privaatheid nie.

Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer is ook op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Langs dié kamer is daar 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping met 'n koningingrootte-bed, dubbelbed en die vyfde kamer het 2 enkelbeddens met 'n uitsig oor die duine. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad, wasbak en toilet.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, elektriese stoof, oond en skottelgoedwasser. Die waskamer langsaan het 'n wasmasjien, tuimeldroër, droograk, kusvrieskas en strykgeriewe. Die waskamer bied toegang tot die agterkant van die huis waar daar 'n tweede onthaalarea en 'n buitestort is. Die leefkamer het 'n TV met Premium DStv. Die eenheid word een keer per week skoongemaak waartydens vars linne en handdoeke voorsien word.

Die landgoed word deur digbegroeide duine omring en word beveilig deur 24 uur-toegangsbeheer.

Binne die kompleks is daar 'n gemeenskaplike swembad en klimrame vir kinders. Om by die strand uit te kom, hoef gaste slegs 10 minute langs die spoorlyn en met die duin af te stap. Die huis is slegs 3,2 km vanaf Hartenbos se middedorp en hoofstrand en 6 km vanaf die Langeberg Mall.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ockie B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, sal weer boek. Elke rand werd. Sal baie sterk aanbeveel.
Feb 2025
Augustine M
5.0
Time for revitalization. It was very pleasant, relaxing and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Debi Pieters P
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect stay, great host! Our stay at Landgoed was truly exceptional! Elise went above and beyond as a host, making us feel welcome fro...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Beverley B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige landgoed, ewe pragtige eenheid (eenheid 16). Wat 'n pragtige plek van die intree tot die uitgaan. Elize was 'n wonderlike gasvrou en het nie ...
Sien meer
Jan 2025
Kayla S
Saam met lewensmaat
5.0
Die plek is baie veilig. Ons het baie lekker gekuier. Die gasvrou was baie vriendelik. Lekkerste plekkie oop.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 229

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hartenbos Landgoed, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartenbos Landgoed 80 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 400
R 4 400 R 3 740
per nag, vir 10 mense
Vanaf R4 400
R 4 400 R 3 740
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartenbos Landgoed, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY0N2QzYzAyLWZhMjYtNGFjYy1iNWQ2LWM2M2E4ZjEyNjg3ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 400 nouVanaf R3 740 per nag, vir 10 mense 75 5 1 5 Hartenbos Landgoed Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.112204 22.116948

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang