Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartenbos Strandhuis

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 350 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Hartenbos Strandhuis is in Hartenbos reg langs die amfiteater geleë en bied gemaklike slaapplek streng aan slegs 11 gaste (kinders ingesluit). Dit is ideaal vir 2 gesinne met kinders. Ons verwelkom graag alle gaste, maar matriek- en studentegroepe kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Dit is 'n lieflike huis wat beskik oor 5 slaapkamers met 'n bykomende kamer en badkamer apart van die huis. Die 11de slaapplek is dus apart van die hoofhuis. In die hoofhuis is 2 van die slaapkamers met dubbelbeddens ingerig. Die ander 3 slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens. Die aparte kamer het ook 'n enkelbed. Al die slaapkamers het ingeboude kaste. In die kamers is bedlampies voorsien met herlaaibare gloeilampie wat tydens beurtkrag aanbly.

Die 2 badkamers word tussen al die kamers gedeel: die eerste badkamer is in die hoofhuis geleë en die tweede een is 'n en suite-badkamer in die aparte buitekamer. Die eerste badkamer is met 'n stort en 'n bad ingerig en die ander een het 'n stort. Die tweede badkamer het ook sy eie aparte ingang, sodat al die gaste dit kan gebruik. Die 2 badkamers het herlaaibare gloeilampe wat tydens beurtkrag aanbly.

Hartenbos Strandhuis voorsien geen beddegoed (lakens, duvets en kussings) of handdoeke nie. Gaste moet asseblief hul eie saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n aparte diepvrieskas toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Alle breekware, eetgerei, braaibakke, potte en panne sowel as opdienbakke en messegoed word voorsien. Bekers en glase vir koeldrank, wyn en ander drank asook 'n braaipotjie en braaitange word voorsien. Daar is ook 'n gasplaat met ekstra gaskanne om tydens beurtkrag te gebruik.

Die eenheid het 3 waaiers en gedurende die koeler maande word warmwatersakke voorsien.

Die eetkamer het sitplek vir 11 gaste en daar is ook 'n sitarea met 'n TV en die volle DStv-pakket. Die leefareas het ook herlaaibare gloeilampe wat aanbly tydens beurtkrag en daar is ook 'n beurtkragmandjie met 6 herlaaibare lampies wat volgelaai sal wees met aankoms.

Braaigeriewe is beskikbaar met 'n rooster en 'n braaipotjie. Die erf is omhein en daar is 'n groot grasperk aan die voor- en agterkant waar kinders veilig kan speel. Veilige parkeerplek is binne die erf beskikbaar. Daar is 2 huise op die erf.

Hartenbos Strandhuis is net 'n kort entjie se stap van die naaste strand af (400 m) en ook naby restaurante, 'n swembad, mini-gholf en waterpark (600 m).

Geen groot partytjies insluitend hen- en rampartytjies of 21ste verjaarsdagvieringe word toegelaat nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 11 mense 6 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sergio M
Gesin met klein kinders
5.0
Hartenbos is definitief op my 'bucket list' vir nog 'n vakansie. Omset van die omgewing en veiligheid is perfek. Die toegang tot familie sosiale aktiw...
Sien meer
Sep 2024
Lohan M
Saam met vriende
5.0
Ons het baie lekker gebly and sal dit aanbeveel vir 'n groep. Die strandhuis is perfek geleë, alhoewel dit nie by die see is nie, kan jy maklik tot by...
Sien meer
Sep 2024
Dina L
Gesin met tieners
5.0
Sal beslis weer by Hartenbos Strandhuis bly, dit was net 'n plesier. Ons het heerlik gebly. Die huis was skoon en netjies en die eienaar het ons baie ...
Sien meer
Apr 2024
Lizelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Hartenbos Strandhuis is die perfekte plek om vakansie te hou. Die plek is perfek geleë en baie veilig. Die huis is netjies en het alles wat jy nodig h...
Sien meer
Feb 2024
Carol K
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike kuierhuis vir oud en jonk. Verblyf was heerlik. Alles wat jy benodig is daar. Baie netjies en pragtige omgewing. Sal weer gaan.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartenbos Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 350
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R 2 350
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2bb1787ad893221446af45e805604cde4c6f1214afd46f30151591ca3a1606a0b9327fd9d996b415c6810cd68265bb365a8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag (plek vir 11) 45 5 1 5 1a Sandrivier Street Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.121322217667 22.117114914017

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang