Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartsrus

Selfsorg

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.0
Daphne D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Vriendelike gasvrou. Baie stil en rustige omgewing. Ek sal weer en weer teruggaan. Baie lekker gebly. Beste.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Katrina W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2024

Was fantasties. Baie dankie aan die gasheer vir 'n uitstekende naweek. Ek en my man het dit baie geniet. Sal definitief weer terugkom na die plek toe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Zelda F
1 nag
4.2
Feb 2024

Net 'n vinnige oornagbesoek. Positiewe: Vriendelike eienaars. Die plekkie is toegerus met alles wat mens nodig het om 'n maaltyd voor te berei. Skoon en netjies. WiFi het goed gewerk. Beskuit, koffie, tee, suiker, melk, muesli, yoghurt en skottelgoedseep voorsien. Rustige deel van Kleinmond in 'n residensiele area met geen geraas. Oorgenoeg komberse en skoon handdoeke en waslappe vir twee persone. Waterdruk in stort is uitstekend. Negatiewe: Die klein woonstel het wel sy "eie" ingang, maar ek sou dit nie as 'n "privaat" ingang beskryf nie, aangesien dit nie heeltemal apart van die hoofhuis is nie. Wat die fotos NIE wys nie, is dat die stoep reg binne in die eienaars se huis inkyk, want dit is 'n gedeelde stoep. Die eienaars se skuifdeur na die stoep is permanent oop, dus het jy nie eintlik privaatheid nie. Dit voel vreemd om op die stoep te sit en die huismense loop in en uit verby jou deurtjie. Daar is slegs plek op die stoep om te sit en eet of oggendkoffie te geniet, andersins moet jy binne op die bed sit. Die stoep lei na die eienaars se motorhuis, so daar is noodgedwonge 'n deurloop en as jy op jou bed le is daar dus geen privaatheid nie, behalwe as jy jou deur en blindings heeltyd toehou. Geen asbak vir rokers buite verskaf. Net een rol toiletpapier verskaf. 'n Tweede een vir noodgevalle sal goed wees. Die plekkie was baie warm snags (die gasvrou het wel 'n waaier aangebied uit haar eie vroeer die dag, wat ek liefs moes verwelkom het). As mens snags die vensters oopmaak takel die muskiete jou (beslis ook nie die gasvrou se skuld nie, slegs 'n opmerking, en daar was Peaceful Sleep / Insekdoder verskaf). Ek het die blindings oopgetrek vir vars lug, maar die bure oorkant die straat se spotlight skyn duidelik in jou kamer in, so daar was min rus vir my snags. Vra vir 'n waaier, dit sal jou koel hou en ook die muskiete bietjie wegwaai. "Veilige parkering" is debateerbaar. Hoewel die area redelik veilig is, is jou motor nie agter 'n hek parkeer nie, maar wel in die oprit voor die motorhuis met direkte toegang vir enigeen vanaf die straat, en is daar dus geen verweer teen motordiewe of inbrekers nie. Woonstel se vensters kan nie wyd oopmaak nie weens diefwering aan die buitekant van die vensters. Harde, ongemaklike en krakerige bed. Ek sal hierdie plek slegs kan aanbeveel mits die stoep vir privaatgebruik is vir gaste. Verder is perfek vir 'n vinnige oornagbesoek tussen dorpe.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hanlie Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 8 maande

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8ste Laan 20, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f2c95fc30a274714c6911457e547e2a2f3ccb3ddd6d83cb9e08a8583c7b58b5d494d32294428353839245d9115ed8d3b768?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 20 8th Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.3388557 19.0279289

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang