Hibiscus House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Campbellstraat 9, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R4 750 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Hibiscus House is 'n pragtige selfsorghuis wat langs sy suster-onderneming, Frangipani House, in Port Alfred geleë is. Dit is binne 'n kort stapafstand van die Kowierivier en verskeie winkels af. Dit is in 'n ontspanne, strandhuisstyl versier.
Dié erfenishuis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers, en 'n sitkamer asook 'n kombuis wat volledig toegerus is vir gerieflike selfsorgverblyf. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n kaggel terwyl die tweede en derde slaapkamers elk 'n dubbelbed het. Die vierde slaapkamer is ideaal vir kinders en beskik oor 'n stapelbedstel. Alle beddens is oorgetrek met 100% perkallinne. Tot 2 addisionele gaste kan op die slaapbank in die sitarea geakkommodeer word.
Die eerste badkamer is en suite met die hoofslaapkamer en het 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede, aparte badkamer word gedeel deur die ander 3 slaapkamers en is toegerus met 'n pantoffelbad, toilet en wasbak. Buite is daar ook 'n privaat warm en koue stort. Bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Die sitarea lei na 'n dek en plonspoel. Dit beskik ook oor 'n TV met Netflix. DVD-speler, Hi-Fi, en kaggel. Die eetarea is apart van die sitarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolf, koffiemasjien, wasmasjien en skottelgoedwasser.
Die agtertuin is toegemaak en het 'n vuurput en braai-area met 'n ingeboude braai. Paraffienlampe, kerse, lampe en 'n gasbottel word voorsien. Veilige parkeerplek van die straat af onder skaduryke bome is ook beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens kan teen 'n ekstra koste gereël word.
Wi-Fi is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kaggel
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sally Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 129
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Campbellstraat 9, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Hibiscus House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Campbellstraat 9, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang