Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hillside Hideaway

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spurwing Lodge, Rheenendal, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hillside Hideaway is in Rheenendal in Knysna op Spurwing-plaas geleë. Die privaat kothuis word deur welige groen woude omring en is die ideale wegbreek vir 'n paartjie.

Dié kothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, stoof, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.

Buite is daar 'n braai-area met sitplek en 'n asemrowende uitsig oor die lowergroen bosse. Die verblyf word deur sonkrag aangedryf en het 12V-laaipunte. Daar is ook 'n waterstelsel wat met swaartekrag werk en 'n houtvuurwarmbad op die dek.

Hiér kan gaste die natuurskoon geniet en 'n verskeidenheid voëllewe en bosbokke sien. Perderitte op die plaas kan gereël word en word deur Brave Heart Equestrian gefasiliteer. Knysna is ongeveer 19 km ver en bied talle restaurante, besienswaardighede en avonture.

Daar is 'n gerieflike houtvuurwarmbad. Gaste moet hul eie ekstra handdoeke hiervoor saambring. Hout en vuuraanstekers is ingesluit. Gaste sal een 2 kg-brikette en 1 vuuraansteker vir die braai-area ontvang, 1 krat hout en 1 vuuraansteker vir die warmbad en 1 blok hout en 1 vuuraansteker vir die kaggel. Indien gaste meer hout benodig, los asb. R150 per blok in die eerlikheidsboksie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Carien K
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Dit was regtig besonders gewees. Die plek was netjies en skoon, en ons het baie lekker gebly.
Nov 2024
Roald A
Saam met lewensmaat
5.0
5 star. Absolutely amazing 5 star. The nature is on your doorstep. The birds and night live sounds were out of this world. Cannot wait ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Chantél M
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing beautiful nature stay. What a beautiful cabin. The attention to detail and crafting is amazing. Love all the wood finishes and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Maretha R
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir liggaam en siel en gees! Wat 'n salige wegbreek! Die huisie is pragtig ontwerp en die dekor is smaakvol gedoen. Die omgewing is asemrowend moo...
Sien meer
Okt 2024
Kevin P
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek van die besige stadslewe. Wonderlik. Salig. Ontspanne. Privaat.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lize Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 33

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Spurwing Lodge, Rheenendal, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hillside Hideaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spurwing Lodge, Rheenendal, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda191137313442c13cf9b81239a1f09db9c0e8bf417223fa5e9af0e24f5814e4263a31ff09f5903ee52dc97113c47284f5c5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Spurwing Lodge Rheenendal 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.947479349539 22.981499801422

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang