Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippo Waterfront Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 3)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Hippo Waterfront Lodge is minder as 6 km vanaf die Mbombela-stadion en minder as 10 km vanaf Mbombela (Nelspruit), die hoofstad van Mpumalanga, geleë. Die lodge is ook naby een van die mees gesogte wildreservate in Afrika, die Krugerwildtuin.

Die houthuisies is skoon en gemaklik en spog met uitsigte oor die rivier. Jy kan jou skoene uitskop en ontspan in die rustigheid van die natuur. Voëlkyk, visvang en seekoeie in die rivier is maar net van die opwindende dinge wat hier by die lodge te sien en te doen is.

Die lodge kry sy aangename en weelderige landskap van die subtropiese klimaat waarin dit lê. Daar is grasperke met bome, voëls, blomme, vrugte en neute. Die seekoeie kom kuier gereeld by die rivier en veroorsaak elke nou en dan baie opwinding.

Daar is ook baie plekke van historiese belang en natuurskoon kraai koning. God's Window, Blyde Rivier Canyon, die kolkgate, Sudwala-grotte, Pelgrimsrus en die Botaniese Tuine is alles 'n besoek werd. Dit bied 'n wonderlike geleentheid vir 'n dagbesoekie. Die Hippo Water Front, 3 ure buite Johannesburg en 45 km van die Kruger Wildtuin af, is die ideale ruspunt wanneer jy na die Wildtuin, Maputo en die Laeveld reis. Dit is ook die perfekte wegspringplek om die natuurlike wonders en die geskiedenis in die area te ontdek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 112 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Chris N
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige stil omgewing waar jy naby natuur kan leef. Vriendelike behulpsame bestuur. Baie netjiese skoon woonplekkie. Daar word baie moeite gedoen om ...
Sien meer
Nov 2024
Chris Z
Saam met vriende
5.0
Gemaklik en tevrede. Lekker gebly, net 'n paar goedjies in die kombuis wat stukkend is. Deksels ens., anders was alles perfek.
Nov 2024
Jenny N
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry, verwelkomend, gerieflik, asemrowend mooi natuurskoon. Ons was vriendelik ontvang en het gevoel of ons by familie kuier.
Nov 2024
Marlene V
Gesin met tieners
5.0
Rustige en asemrowende belewenis! Rustige naweek-wegbreek om net te herlaai. Pragtige omgewing en stilte met net die natuur se geluide wat jou omring.
Apr 2023
Martin C
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Uitstekende plekkie en baie netjies.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 112

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippo Waterfront Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 42 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b4a62481c56ae90c9e31a02506d690606b5b236b0407563c5c352854c7a0528eb7e6c3fbec768bb57457e4a2d72e2fd9b93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag (plek vir 3) 112 5 1 5 Sterkspruit 41 Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.436070124301 30.869108007965

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang