Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippoholiday

Weeksdagaanbod 20% af

Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 30 Sep 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R700 R560 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hippoholiday is in Marlothpark in Seekoeistraat. Dit is stapafstand vanaf die bekende Krans-uitkykpunt en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike boswegbreek naby 'n aantal wildreservate en ander besienswaardighede.

Verblyf word gebied in 3 selfsorg-eenhede wat elk met sy eie swembad en braai-area spog.

Die Hippoholiday House bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 1 badkamer. Die tweede badkamer is 'n buitebadkamer met 'n toilet, stort en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n klein kluis vir waardevolle items. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging, en daar is 'n enkelbed in die ingangsportaal.

Die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n slim-TV. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser en 2 yskaste toegerus en dit het ook lugversorging. Die huis spog ook met 'n nuutgeboude lapa met 'n tafel vir 8 gaste, 'n elektrisiteitspunt en 'n wasbak, 'n ingeboude kaggel, 'n boma en 'n swembad.

Slegs 1 voertuig word in die parkeerplek toegelaat.

Hippoholiday Flat No 1 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging in elke slaapkamer. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n sitarea met 'n slim-TV en 'n kombuis met 'n mikrogolf, wasmasjien en yskas-vrieskas. Dié eenheid spog ook met 'n swembad op die stoep en braaigeriewe.

Slegs 1 voertuig word in die parkeerplek toegelaat.

Hippoholiday Flat No 2 bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met lugversorging en 1 badkamer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n wasmasjien, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die sitarea het 'n slim-TV en twee gemaklike stoele, en die stoep het 'n tafel en stoele, asook 'n swembad en braai.

Slegs 1 voertuig word in die parkeerplek toegelaat.

Hippoholiday is stapafstand vanaf die heining na die Krugerwildtuin.

Al die eenhede werk op voorafbetaalde elektrisiteit. Die eienaar sal die eerste R100 voorsien vir korttermynverblyf van tot 3 dae. Vir langtermynverblyf van 4 dae en meer sal R200 elektrisiteit met aankoms voorsien word. Gaste kan ekstra elektrisiteit koop indien nodig aanlyn, by winkels of via hul bank-app. Gratis WiFi is in al die eenhede beskikbaar. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Hilda L
Saam met lewensmaat
5.0
Absolute bliss! We had such a lovely time. It was perfect, we had a lovely weekend getaway. It is clean, and everything you need is the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Dawid V
Gesin met klein kinders
5.0
Enige natuurliefhebber se droom wegbreek in die hart van die bosveld! Die kommunikasie van inisiële kontak tot selfs na ons vertrek is noemenswaardig...
Sien meer
Jul 2024
Manda O
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, en so lekker gekuier in die bosveld. Ons het 'n awesome paar dae gehad. Ons het vriende saam gehad en die vrou was nog nooit in die wildtuin ...
Sien meer
Apr 2024
Wynand L
Gesin met klein kinders
5.0
Rustigheid en rus vir jou siel. Die verblyf was perfek gewees. Netjies, skoon en rustig. Sal dit ten sterkte aanbeveel vir enige iemand.
Des 2023
Johann V
Saam met lewensmaat
4.8
Lovely, a lot of animals come to the house in the morning and afternoon. Fantastic: Flat clean and cozy. 5-minute walk to the river and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippoholiday het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R700 R560
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
R700 R560
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 1812, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89f00b0de1c680d1054489fd2e1559f62f5945cd5ecb9748775b0f67781db214d1d017b56959f9919f953b9c0aae7cd6fabe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R560 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 Seekoei 1812 Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.33643 31.77883

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang