Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Horizon Bay 603

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg, Horizon Bay Apartments, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 745 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Horizon Bay 603 is teen die strandfront in 'n baie veilige en luukse woonstelblok geleë. Dit is die ideale verblyf vir diegene wat op soek is na 'n rustige en luukse wegbreekplek by die see.

Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 unieke slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer bied direkte toegang tot die balkon met 'n pragtige see-uitsig en dit het 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in dié slaapkamer maak van die tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak gebruik. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die moderne oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, 'n klein gasstofie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland met sitplek in die kombuis en dit lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Selfs gedurende kragonderbrekings verseker 'n omsetter onbelemmerde media-vermaak en onbeperkte WiFi. Daar is ook 'n ekstra kragprop wat steeds sal werk tydens beurtkrag.

Die balkon bied 'n pragtige uitsig oor Robbeneiland en gaste kan die sonsondergang van daar af geniet. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad op die perseel.

Die woonstel is naby 'n verskeidenheid restaurante, winkelsentrums, koffiewinkels en kroeë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Helen Geverifieer

Eiendomme 51

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Blaauwbergweg, Horizon Bay Apartments, Table View, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 745
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 745
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blaauwbergweg, Horizon Bay Apartments, Table View, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe82928a75ecfa35ab6693d884b9988ec880846f15c7087c2d4d0d0374ff590de0900d3aa9d6c83df4ce98509e7083445a54a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 745 per nag (plek vir 4) Blaauwberg Road Horizon Bay Apartments 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.822184323293 18.477807641029

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang