Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

House Fynbos

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Humanstraat 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 655 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

House Fynbos is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat 'n uitsig oor die gewilde Davies Pool in Onrus, Hermanus het. Die huis is ruim en die ideale plek waar gaste kan ontspan en die panoramiese uitsigte oor die see en op die Overberge kan geniet.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Dié badkamer lei ook na 'n beskutte buitestort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n stapelbed in die vyfde slaapkamer. Die vierde en vyfde slaapkamers is aan die seekant-vleuel en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is nog 'n gastetoilet op die boonste verdieping. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is trappe wat toegang vanaf die slaapkamers tot die leefarea op die boonste verdieping bied. Die hoofgesinsarea beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea, asook balkonne met Weber-braaigeriewe en uitsigte oor die see en op die berge. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoofplaat, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n omsetter wat krag tydens beurtkrag voorsien.

Die balkon het buitesitplek, 'n pragtige uitsig oor die see in die verte en draagbare braaigeriewe. Gaste kan ook die buitebraai benut en het toegang tot veilige parkeerplek in 'n motorhuis vir 4 voertuie. Daar is addisionele parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Die huis is net 'n kort entjie se ry vanaf Onrus se strand, verskeie koffiewinkels en restaurante. Die area is ook perfek vir natuurliefhebbers en gaste wat langs die kuspaadjies wil wandel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet
Badkamer 5

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corné Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Humanstraat 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 655
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R6 655
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Humanstraat 9, Onrus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA552585205356bb19c64b67c5b311fe04eb792d630ef87043413d1cc1cc7ee33227e5a1097237bce73aee9189baaefdf62bea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 655 per nag (plek vir 10) 9 Human Street Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4172531 19.1650337

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang