Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Houw Hoek Hotel

  • Kapasiteit: 168 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N2, Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 010 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Houw Hoek Hotel is in die hartjie van die Kogelberg Natuurreservaat geleë, langs die N2 en net 80 km van Kaapstad af. Die hotel het 'n voortreflike ligging tussen majestueuse berge en pragtige damme wat dit die ideale rusplek maak. Daar is ook 'n gesondheid-spa met 'n sauna, stoomkamer en 'n rits behandelings wat, onder meer, masserings en Full-body Wrap-behandelings insluit.

Verblyf by Houw Hoek Hotel word in 7 tipe kamers aangebied en almal is smaakvol gemeubileer en versier. Die meeste van die kamers het privaat balkonne met uitstekende uitsigte en kaggels om die winterkoue te verdryf. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

Gaste kan lekker langs een van die 2 swembaddens uitspan. Daar is ook 'n rits binne- en buitemuurse aktiwiteite om die kleingoed besig te hou. Gaste kan 'n smullekker maaltyd op die stoep met 'n panoramiese uitsig op die omliggende berge geniet.

Die hotel bied 5 konferensieskamers met lugversorging en bied die ideale venue vir konferensies, bekendstellings, promosie-geleenthede en funksies. Die hotel kan maklik 5 tot 250 afgevaardigdes akkommodeer. Die golwende grasperke en groot damme skep 'n romantiese atmosfeer en maak Houw Hoek Hotel 'n gewilde trou-venue.

Die hoofrestaurant het sitplek vir 120 gaste en bedien daagliks heerlike a la carte-middagetes en -aandetes. Die nuwe oordekte galery het 'n panoramiese uitsig op die berge en daar is sitplek vir 182 gaste. Die restaurant bied 'n ontbytbuffet, informele middagetes en fynproewers-aandetes wat met 'n bekroonde plaaslike wynlys gekomplementeer word. Die gesofistikeerde spyskaart meng tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns met moderne uitvindsels van bekende sjefs. Op 'n Saterdag hou die hotel hulle gewilde aandete-dans.

Houw Hoek Hotel is die oudste gelisensieerde hotel in Suid-Afrika. Die hotel is ook die wenner van 2 Haute Grandeur Global Excellence-toekennings vir die kategorieë The Best Scenic Environment Hotel in South Africa en The Best Historical Hotel in South Africa.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 48 resensies vir Houw Hoek Hotel
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Charles Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • N2, Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Houw Hoek Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 010
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 010
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 168 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N2, Houw Hoek, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5a5a3fabb06e40ef983cb511bc89fcafde3fceb4f98c6f68074240dc98fb8059227ef75f650a4f3a26c42ec5114a478fef24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 010 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 N2 Houw Hoek 7160 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 11:00 -34.205637606621 19.151144338623

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang