Hoyohoyo Chartwell Lodge
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Romneylaan 130, Chartwell, Fourways, 2055, Gauteng
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hoyohoyo is 'n Shangaan- / Xitsonga-woord wat gebruik word om 'n entoesiastiese, feestelike en ywerige bui te beskryf. Dít beskryf die tipe verwelkoming wat 'n mens hier by Hoyohoyo ontvang wat alle gaste welkom laat voel.
Hoyohoyo Chartwell Lodge and Conference Venue is 'n boetiekhotel in die hartjie van Johannesburg se noordelike voorstede waar oordeelkundige sakelui, vakansiegangers en toeriste bederf word met 'n pragtige, plattelandse agtergrond. Ons bied 'n rustige, plattelandse atmosfeer naby die hartjie van Johannesburg. Die landgoed word omring deur 'n omgewing met volop voëllewe en tarentale wat 'n ware bosveld-atmosfeer aan die lodge verleen. Die pragtige tuine en fonteine maak dit net nog meer spesiaal.
Geriewe in elke kamer sluit in: lugversorging, 'n telefoon met 'n direkte lyn, digitale kluis, platskerm-TV met sekere DStv-kanale, haardroër, kroegie, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers bied privaat badkamers met storte en baddens. Verder is daar WiFi, 'n mikrogolfoond en kombuisie met 'n ten volle toegeruste/selfsorg-opsie.
Die lodge bied 'n hele aantal geriewe wat baie waarde vir geld bied. Dit sluit in 'n braai-area, 'n lapa waarin jy kan ontspan na die konferensie, spesiale geleenthede kan vier of saam met jou vriende kan kuier gedurende jou wegbreeknaweek. Die luisterryke tuine en oop ruimtes maak Hoyohoyo Chartwell Lodge ideaal vir troues en ander intieme sosiale byeenkomste (daar word voorsiening gemaak vir kinders met 'n klimraam en springkastele).
Die lodge het 24 uur-sekuriteit en daar is genoeg parkeerplek en buitelug-areas vir besoekers wat sokker en vlugbal wil speel. 'n Markiestent met 600 sitplekke is beskikbaar vir troues, konferensies en ander geleenthede. 'n Groot verskeidenheid geregte word bedien by ons restaurant en ons konferensielokale is toegerus met blaaikaarte, papier, penne, potlode, notaboekies, 'n skerm, projektor, TV-monitor en dataprojektor. Ander toerusting kan gereël word op versoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Mumsy Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 16
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Romneylaan 130, Chartwell, Fourways, 2055, Gauteng
Sien meer verblyf in Chartwell Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Romneylaan 130, Chartwell, Fourways, 2055, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang