Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Infinity LG3

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg 89, Parklands, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Infinity LG3 is 'n moderne selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks 150 m vanaf die strand in Bloubergstrand. Die woonstel is geskik vir ontspannings- en sakereisigers en bied 'n gerieflike plek om te bly.

Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.

Die oopplan-leefarea het 'n L-vormige rusbank (slaapbank) en 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix en Showmax. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die sitarea bied deur skuifdeure toegang tot 'n groot stoep met sitplek en 'n uitsig oor die see en op Tafelberg.

Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek, 2 gemeenskaplike swembaddens waarvan 1 onderdak is, 'n braai-area, 'n gratis gimnasium sowel as 'n gratis muurbalbaan.

Blouberg se strandfront is bekend vir sy ideale watersporttoestande en is al as een van die top-sweefskibestemmings ter wêreld bestempel. Die strand strek in beide rigtings, wat dit perfek maak vir lang wandelings en oefening.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Clifton C
Saam met lewensmaat
5.0
Die uitsig was een van die hoogtepunte. Ons het baie lekker gebly. Alles was mooi en skoon en die uitsig was een van die hoogtepunte.
Nov 2024
Michelle Jonker J
5.0
Convenient, beautiful and cosy apartment. Loved the view! Our stay at Infinity LG3 was awesome and we will be back in February 2025 whe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Kauthar W
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommend LG3. Beautiful place just to get away from your busy lifestyle. I would highly recommend LG3 and I can't wait to book ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
John Henry S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitsonderlik, veilig en uitstekend geleë. Dit was uitstekend, seker een van die beste akkommodasies waar ons nog gebly het.
Jun 2024
Christell M
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig en sentraal - waarde vir geld! Baie mooi, netjies en lekker sentraal. Baie lekker gebly.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Coral-weg 89, Parklands, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Infinity LG3 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg 89, Parklands, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c8130cb36e8e6eb8d51d1e7b968e003b2ac907ac718ce32d41eb03ba333c5e755b26e29e32341c8e0c0ca8f74ece68e5bd0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 89 Coral Road Parklands 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.809076 18.469234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang