Ingwe Manor Guest House
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hibiscus-weg 38, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ingwe Manor Guest House is 'n lieflike gastehuis wat verblyf in pragtige kamers met see- of swembad-uitsigte bied, net 800 m vanaf Margate se strand.
Die kamers het koninggrootte-beddens wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en en suite-badkamers met storte en toilette. 'n Yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier of lugversorging, en 'n TV met sekere DStv-kanale is ook in elke kamer beskikbaar. Kamer 4 en 6 is ideaal vir gesinne en is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders.
Die gastehuis spog met 'n eetkamer, en ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar. Gaste kan ook gerus van die braaigeriewe gebruik maak en in die swembad afkoel.
Die strand is ideaal vir duik, swem, branderplankry en visvang, en ander aktiwiteite en besienswaardighede in die area sluit gholfspeel en die Margate-voëlpark in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Salomé Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hibiscus-weg 38, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ingwe Manor Guest House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Margate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hibiscus-weg 38, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang