Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Isibankwa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 8, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R7 000 per nag (plek vir 14)

Beskrywing

Isibankwa is 'n selfsorghuis in Zinkwazi-strand, KwaZulu-Natal. Hierdie huis is ideaal vir 'n gesin wat naby die strand en weg van die stadsgejaag wil wees.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 14 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 6 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die slaapkamer bied ook toegang tot 'n stoep. Die res van die slaapkamers is almal op die grondverdieping. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens vir kinders, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen dubbelbeddens en gaste het toegang tot en suite-badkamers. Die derde slaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, terwyl die vierde slaapkamer se en suite-badkamer 'n bad, stort, wasbak en toilet het. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke slaapkamer het plafonwaaiers. Linne, handdoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Die sesde slaapkamer is in die woonstel op die perseel en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die woonstel het gemaklike sitplek, 'n etenstafel en 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Die oopplan-leefarea op die boonste verdieping beskik oor 'n leefarea, kombuis, eetarea en opwaskamer. Die hoofsitarea het gemaklike sitplek en die eetarea het 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, 2 yskassies en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die huis het 'n wasmasjien en tuimeldroër vir gaste se gerief. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met meubels en bied uitsigte oor die see en die strandmeer. Gaste op die onderste verdieping het toegang tot 'n leefarea met rusbanke en 'n TV, 'n kuierarea met 'n pooltafel, en 'n onderdakbraai-area met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n omheinde swembad, 'n skaduryke dek met meubels, 'n omsetter vir kragonderbrekings, en 2 onderdakparkeerplekke. Daar is ook ekstra oop parkeerplek op die perseel. Hierdie verblyf is naby plaaslike winkels en restaurante en bied het toegang tot die strand via trappe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 14 mense 6 Slaapkamers 6 Badkamers, 6 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Dubbelbed

2 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Engela Geverifieer

Eiendomme 42

Resensies 7

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Glen-rylaan 8, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 000
per nag (plek vir 14)
Vanaf
Vanaf R 7 000
per nag (plek vir 14)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glen-rylaan 8, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA21eaa35298233155bde0ae6de9c56cf03d39c34571fb4f67729f29ae8e6c5adcf8a3812488c7a6aaa34ea25b718e492f0b7f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 000 per nag (plek vir 14) 8 Glen Drive Zinkwazi Beach 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.281287999015 31.440046453442

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang