Ivory Sands Safari Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R8 000 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
Ivory Sands Safari Lodge is 'n selfsorgvakansiehuis wat in 'n park op die oewer van die Krokodilrivier geleë is en aan die Krugerwildtuin grens. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek in die Bosveld en spog ook met 'n swembad.
Dié huis bied slaapplek aan 16 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 8 slaapkamers, waarvan 3 ingange vanaf buite het terwyl die ander na 'n balkon lei. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort in die een en 'n bad en 'n stort in die ander een. Die vierde en vyfde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die ander 3 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort óf 'n bad en 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -oond, 'n elektriese stoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, 'n ysmasjien, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek, 2 enkelbeddens vir kinders en 'n TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar en die huis het ook 'n kroegarea.
Buite is daar 'n ruim onthaalarea met 'n buite-etenstafel, braaigeriewe en 'n swembad. Gaste kan ook besoeke van die wild geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kinderbed vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang