Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jill Rose Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jill Rose is 'n gastehuis wat in Dullstroom in Mpumalanga geleë is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike, stylvolle verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge.

Verblyf by Jill Rose word aangebied in 5 slaapkamers wat almal en suite-badkamers het. Die kamers is ruim en smaakvol versier. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamers beskik oor storte en/of baddens met wasbakke en toilette. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Smaaklike ontbyt word tussen 07:00 en 11:00 by die Rose Cottage Restaurant in die hoofstraat bedien. Jill Rose het ook 'n groot buitelug-area met bekoorlike sitplekkies en 'n plonspoel vir gaste se gebruik.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en 'n kort entjie se ry van die eenheid af, is daar heelwat doendinge soos restaurante en kroeë, visvang en voëlkyk en 'n hele rits besienswaardighede beskikbaar.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.1
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Irma S
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, verfris en stilte. Altyd so lekker en gesellig by Jill Rose Guest House. Uiters skoon, netjies en mens slaap lekker!
Des 2023
Hein L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam met warm kamers in die koue Dullstroom. Die ontbyt was baie en baie lekker personeel baie vriendelik gewees, sal weer van hulle gebruik...
Sien meer
Jun 2023
Yvonne P
Saam met lewensmaat
4.6
Aangenaam. Dit was netjies en skoon. Net 'n paar goedjies wat die aandag moet kry. Ketel se deksel was gebreek en kan nie oopmaak nie. Die badkamer se...
Sien meer
Mei 2023
Lizet N
Saam met lewensmaat
4.4
Awesome verblyf in Dullstroom. Die verblyf was regtig baie lekker. Met die koue weer kan ek regtig sê dat die kamer uitermatig goed voorsiening maak v...
Sien meer
Jun 2024
Dalton M
Saam met lewensmaat
4.0
Baie stil en gerieflik en skoon. Sien onder. Dankie. Amper by 20 woorde?
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 112

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Jill Rose Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e5a968ce0fd33a272acbd6f9826ece0a385d2d1a1974087bb59cf0a999f9acadc12de55306e6c02d1b9dfa6457e13afad9d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 3 Oranje Nassau Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.4151367949 30.108266694443

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang