Joosteswerwe Camping
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Kokerskolk, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Vanaf R475 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Joosteswerwe Camping is 'n werkende plaas in die Groot Karoo op die R384 tussen Carnarvon en Vosburg. Ons streef daarna om dié tipe plaas-ervaring te bied wat besoekers herinner aan hulle kinderdae op die plaas.
Die kampeerterrein is op Kokerskolk-plaas geleë, onder beeldskone ou doringbome langs die lusernlande en bied pragtige uitsigte oor die Boesakrivier. Ons het 2 groot private staanplekke met braai-areas en groot lapas. Die staanplekke het elkeen hul eie kragpunt en water en ook 'n rustieke buite-stort en toilette. Indien jy verkies om nie die oop geriewe te gebruik nie, is daar 'n ablusieblok sowat 150 m verder. Daar is ook 'n lieflike swemdam waar jy kan afkoel op 'n warm somersdag. Gaste word aangemoedig om lang romantiese wandelinge en bergfietsritte te onderneem. Die grondpaaie is die meeste gepas vir viertrek-karavane.
Sluit gerus aan by die oggend-uitstappie na die ongelooflike rotstekeninge. Sit en nuttig 'n drankie as jy uitgeput is van al die uitstappies, of gaan soek nog onontdekte rotstekeninge. Laat in die middag is daar nog 'n rit waarby jy kan aansluit, en op pad terug sal die Karoo se krioelende sterrehemel jou betower.
Joosteswerwe is op 'n werkende plaas en daar is heelwat doendinge vir jonk en oud. Kyk hoe die boer sy dagtaak verrig en hoe die bokke soggens gebruik word om die weeslammertjies te voed. Die perde moet gevoer word en saans moet al die diere "in die bed gesit" word. Besoekers is gewoonlik mal daaroor om dit te sien. Al die plaaswerk word met behulp van perde gedoen. 'n Rit op 'n perdekar vergeet 'n mens nie sommer nie.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Martin Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 124
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Plaas Kokerskolk, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Joosteswerwe Camping het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Carnarvon Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Kokerskolk, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang