Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaliva 364

  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Club Mykonos, Mykonos-toegangspad, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Kaliva 364 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel in die Club Mykonos-oord. Die oord is langs Langebaan se strandmeer en stapafstand vanaf die strand.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is stortgeriewe beskikbaar. Die woonstel beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -leefarea. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n houtbank met 'n matras vir 'n kind onder 12 jaar. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, ketel, broodrooster en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n privaat balkon met ingeboude braaigeriewe. Linne en handdoeke word voorsien en die eenheid word daagliks skoongemaak.

Gaste kan van al die geriewe by die oord gebruikmaak wat die casino, restaurante, buitelugswembaddens, kroeg en swembaddek insluit. Daar is verskeie restaurante op die perseel war 'n verskeidenheid disse bedien. Gaste kan tradisionele Suid-Afrikaanse disse by Boesmanland Plaaskombuis, wat net 5 minute se ry vanaf die instansie is, geniet. Die oord het ook 'n fiksheidsentrum met 'n muurbal- en tennisbaan. Die binnenshuise swembad is verhit en daar is ook 'n kindervriendelike area. Die Weskus Nasionale Park is 10 km ver en Kaapstad Internasionale Lughawe is 137 km vanaf die verblyf.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

1

1 x Kinderbank vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Spa
Swembad
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek
TV
Lugversorging

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Maria & Denrick Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Club Mykonos, Mykonos-toegangspad, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kaliva 364 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Club Mykonos, Mykonos-toegangspad, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA586a7b530f5655c2acd46c3e0fbfdf40bf3f5b5a23a81da5a2e169f418f54e43e322410b8c73ca4998d546ef7ffb5a28f3e8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 5) 4 5 1 5 Club Mykonos Mykonos Access Road 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -33.048005495575 18.044603278435

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang