Kamp Schelmhoek in Frieden
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 48 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Vanaf R280 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kamp Schelmhoek in Frieden is ideaal vir gaste wat op soek is na rustigheid en natuurlike skoonheid eie aan die Karoo. Dié plaas is in die Moordenaars Karoo-streek in Laingsburg, 42km vanaf die dorp. Daar is nie elektriesietyd nie maar sonligte wat op Kamp skyn saans. Geen wifi.
Die Bosduif- en Mossie-tente het elk dubbelbed matras. Koggelmander tent slaap 3( dubbelbed en enkelbed). Akkedis slaap 5 en beddegoed is ingesluit, bring eie handdoeke en gaste gebruik die gedeelde ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n waterpunt, privaat parkeerplek, 'n braai-area en boma met 'n lapa.
Die kombuis is met 'n gasstoof, wasbak, eetgerei en yskas toegerus. Daar is bordspeletjies en 'n eerlikheidsboks met gepekelde en ander items. Hout is beskikbaar.
Die Skilpad-karavaan bied slaapplek aan 2 gaste met beddegoed en eetgerei en 'n gasstoof. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die Kudu, Klipspringer-, Erdvark- en Meerkatgat-kampeerplekke is geskik vir karavaan- of tentkamp vir 8 gaste. Elke kampplek het slegs 'n waterpunt en 'n braai-area. Gaste het toegang tot 'n gedeelde ablusieblok met 'n stort, toilet en wasbak.
Die Wild-kampeerarea is geskik vir kampeerders wat onafhanklik en op hul eie op die plaas wil kamp. Gaste kan enige plek langs die 4x4-roete met ruwe terrein, buite die res van die kampeerplekke, kies.
Die verblyf is troeteldiervriendelik en onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Daar word sonkragligte voorsien. WiFi is nie beskikbaar nie, maar sekere dele van die plaas het selfoonopvangs.
Daar is 'n swembad waar gaste op 'n warm dag kan afkoel en sommer ook braai. Gaste kan putt-putt speel, gaan stap, draf, fietsry, vierwielmotorfietsry of sterrekyk. Daar is 'n kinderfietsrybaan en gaste kan dalk wilde diere sien.
Daar is 4x4-roetes wat oor 31 km strek, asook 'n roete vir 2x4-voertuie, wat 8 km lank is. Gaste kan 'n afspraak maak om hierdie roetes te verken.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ralie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Gaste dink Kamp Schelmhoek in Frieden het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein Roggeveld Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 48 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang