Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karee Krans Camp & 4x4

  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
  • Vanaf R590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karee Krans Camp & 4x4 is 'n pragtige plaas wat 200 hektaar beslaan. Dis 40 km vanaf Rustenburg. Dis die perfekte plek vir 4x4-entoesiaste, voëlkykers, gesinne, paartjies, skoolgroepe en natuurliefhebbers. Karee Krans Camp & 4x4 het 'n ryke geskiedenis en word omring deur die allermooiste natuurskoon. Hier kan jy kom rus en 'n ware plaas-avontuur beleef.

Verblyf beskik oor 2 houthuise en 'n kampeerplek. Daar is slaapplek vir 14 gaste. Kloof Cabin bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers. Die eerste slapakamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, sitarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n stoof en 'n oond. Die eenheid het ook 'n Jacuzzi, plonspoel, stoep en 'n privaat ingang.

Die houthuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n sitarea met 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, lugversorging en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n stoof. Die eenheid het 'n plonspoel.

Daar is gedeelde kampeerplekke met privaat ablusiegeriewe. Kampeerplek 10 is 'n baie groot staanplek en is geskik vir 25 gaste. Dit het 2 badkamers. Daar is 8 kampeerplekke met hul eie privaat ablusiegeriewe. Alle staanplekke het kragpunte en die badkamers het warm water. Kinders kan hulle fietse saambring, op die hindernisbaan speel, visvang, kanovaar en in die swembad of dam met 'n glykabel speel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Karin V
Saam met vriende
5.0
Lekker weggeleë eenheid in die bos. Perfek vir 3/4 mense. Ons sal definitief weer terugkom na Karee Krans.
Nov 2024
Suzette G
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte romantiese wegbreek! Die Kloof Cabin is absoluut fantasties. Skoon, lugversorging en pragtig binne. Ons was voorsien van hout, vuuraanstekers...
Sien meer
Nov 2024
Adele V
Gesin met tieners
5.0
Netjies, skoon ons het baie lekker gebly. Baie lekker gebly, het die rustigheid geniet.
Okt 2024
Francois G
Gesin met klein kinders
5.0
Rus en vrede vir die siel. Hier is waar jy kan rus in afsondering en stilte van die agtergrond geraas van slegs die bos. Fantastiese uitsig en sonsopk...
Sien meer
Okt 2024
Louis A
Saam met lewensmaat
5.0
Bosveld rustigheid. Die Kloof Cabin is regtig 'n fantastiese keuse as jy privaatheid en rustigheid nodig het. Fantastiese uitsig, goed toegerus, skoon...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Wondera Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
  • Gaste dink Karee Krans Camp & 4x4 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas Karee Krans, Langs die N4, 50 km vanaf Rustenburg, 2835, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAabb2e0972868d9fd948edc187bbbfab46e85c71431037959be9a7d508a3c2f339e4a92d876c6a7e9ff7f79d11dabbf137a52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R590 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 Karee Krans Farm Off the N4 2835 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.57943 26.88866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang