Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kata Charis Lakeside Lodge

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hierdie is beslis 'n natuur-liefhebbers paradys: dit spog met asemrowende uitsigte oor die pragtige Sabie Rivier Vallei. Geleë aan die rant van die ongekunstelde berge van die Hazyview-Kiepersol Bewaringsarea, kyk Kata Charis uit op 'n pragtige 3ha dam - 'n verborge juweel.

Die omliggende area is vreedsaam met volop plant- en dierlewe - ryk aan voëllewe, inheemse- en uitheemse boomspesies, asook wilde-blommeprag. Dalk is jy gelukkig genoeg om 'n gapende seekoei, 'n swewende visvanger of 'n rare poeierkwas-lelie in blom te sien, of selfs 'n Visarend te hoor roep.

Bring jou visstok en jy vang dalk daai grote!

Ons vertrou dat jy en jou familie of vriende 'n onvergeetlike tydjie by ons sal hê en by Kata Charis is alle kinders welkom!

Daar is twee luukse en eksklusiewe selfsorg chalets, elk met lugreëling, ten volle toegerus en gediens, wat gemaklik tot 6 mense kan slaap.

Elke chalet beskik oor twee ruim en-suite kamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningin-grote bed met 'n aparte badkamer en stort. Die tweede kamer het twee enkelbeddens met 'n pragtige groot stort. Alle kamers het voldoende kas-ruimte. Daar is ook twee enkel slaapbanke in die woonkamer.

Vars, 200-draad-telling nou-geweefde perkallinne en hipo-allergene kussings word voorsien, asook dons-sagte wit handdoeke. Elke chalet se binne-ontwerp is uniek met pragtige oorspronklike kunswerke. Elke kombuis is toegerus met 'n yskas/vrieskas, mikrogolfoond, stoof, broodrooster en ketel. Eetgerei en breekware vir 6 mense word voorsien.

Ontspan op die groot stoep met houtdek en braai-geriewe, terwyl jy uitkyk oor die kalm waters van die pragtige meer en die volop voëllewe in die boomryke tuin geniet.

Onthou asseblief vuurhout of houtskool asook vuur-aanstekers. Veilige, skadu-parkering vir twee voertuie is beskikbaar. Tuis-onderrig vriendelik.

Indien jy nie ontspan by die vreedsame Kata Charis nie, bied Hazyview en die omloggende area baie genotvolle aktiwiteite. Die asemrowende uitsigte van die Panorama Roete, oop-voertuig wildritte in die Kruger Nasionale Park, opwindende avonture op die Sabie Rivier in 'n vlot of binneband, abseil of blaardak-gly in 'n inheemse woud. Dit is slegs 'n paar van die vele aktiwiteite wat die Laeveld bied.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Chris G
Saam met lewensmaat
5.0
Kata Charis is 'n uitstekende keuse vir afskakel sonder geraas. Lieflike ruim blyplek - rustig en stil in die bos. Alles wat jy nodig het. Goed toeger...
Sien meer
Aug 2024
Jan Antonie Alexander O
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende verblyf. Kan die verblyf sterk aanbeveel. Baie mooi omgewing. Definitief geskik vir 6 mense. Sien gradering.
Jun 2024
Hanelize H
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing. Lovely place. Clean and neat. Big open spaces. Water pressure was amazing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Monika R
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige en rustige omgewing met baie gemaklike verblyf. Ongelooflike mooi area met baie gemaklike akkommodasie en vriendelike en hulpvaardige gasheer...
Sien meer
Jan 2024
Patricia N
Gesin met tieners
5.0
Fantaties. Lekker rustige verblyf in wonderlike stilte. Die eenheid is goed toegerus, skoon en netjies. Definitiewe wenners was die dek met die pragti...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Leonie/Arnie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Gaste dink Kata Charis Lakeside Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emmettstraat, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwYTg2MzJlLWMzZWYtNGZlYS04MDliLWFiNDc5YjJlZWUxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 Emmett Road Kiepersol 1241 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.044081508244 31.037406921387

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang