KatiKati Eco Lodge
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brondalweg, Erf H1, Heidelberg Holdings, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
KatiKati is die Swahili-woord vir tussen-in en die plaas is geleë tussen 'n paar ontwikkelende Macadamia-plase in die Witrivier-omgewing. KatiKati lê tussen die Panorama- en Legogote-roetes, sowat 'n halfuur se ry vanaf die Krugerwildtuin en binne maklike bereik van 'n wye reeks opwindende doendinge, pragtige besienswaardighede en interessante uitstappies wat as daguitstappies aangepak kan word.
KatiKati is dus 'n sentrale oorblyplek wanneer gaste die area se besienswaardighede besoek, maar kan ook rustige verblyf wees waar gaste by die swembad kan ontspan en verkwik word.
Die verblyf bestaan uit selfsorgeenhede. Die uitsig vanaf die swembadarea en sonsondergange is pragtig. Die lodge is 5 km buite Witrivier, wat dit ook ideaal vir sakereisigers maak.
Verblyf word in 3 aparte selfsorgeenhede, elk met sy eie stoep met braaigeriewe en meubels gebied. Elke eenheid is anders uitgelê en die hoeveelheid gaste wat in elke eenheid kan slaap, verskil.
Daar is verskeie fietsryroetes in die area. Die Laeveld is ook 'n aantreklike bestemming vir hardlopers, roeiers en enigiemand wat gereelde sportaktiwiteite en geleenthede wil bywoon.
KatiKati Eco Lodge is net 23 km vanaf Mbombela (Nelspruit), waar die gewilde Innibos Kunstefees jaarliks aangebied word. Natuurliefhebbers en voëlkykers kan hulself verlustig in die vrede van die omgewing en diereskoonheid.
Daar is verskeie gholfbane naby en KatiKati is bied sentrale verblyf aan groepe wat gholftoere doen. Kunsliefhebbers kan by 'n verskeidenheid plaaslike kunstenaars se ateljees inloer.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Carine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Brondalweg, Erf H1, Heidelberg Holdings, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink KatiKati Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brondalweg, Erf H1, Heidelberg Holdings, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang