Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingfisher Cove

Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Des 2024 tot 11 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lindsay-keeromstraat 5, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 095 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kingfisher Cove bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim kothuis in Ballito en dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek. Die verblyf word deur die natuur omring en is in 'n stil woonbuurt geleë.

Die eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV met DStv-kanale en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders of 'n jong tiener in die leefarea. Daar is ook 'n privaat stort buite op die balkon met bome reg rondom en die see in die agtergrond. Die slaapkamer lei na 'n balkon met 'n see-uitsig waar gaste 'n oggendkoffie en sonsopkoms kan geniet. Daar is ook 'n TV met stroomdienste (Netflix, Prime video, Disney en Apple TV) en gratis WiFi.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n lessenaar met 'n uitsig oor die tuin. Die kothuis het 'n omsetter en 'n rugsteunbatterystelsel vir kragonderbrekings. Die omsetter sal die ligte, TV, yskas, WiFi en 'n kragpunt om 'n skootrekenaar en selfoon te laai, aan die gang hou. 'n Weber-braai is beskikbaar.

Buite is daar 'n pragtige tuin met sitplek.

Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar.

Verder is die verblyf net 'n entjie se stap vanaf restaurante, winkels, hoofswemstrande, se seefront-promenade en inkopiesentrums.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Kevin Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 maande

Ligging

  • Lindsay-keeromstraat 5, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Kingfisher Cove het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 095
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 095
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lindsay-keeromstraat 5, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5c4d5aa43763600709f815e8bcb3a88a5e64384d49925668d66ae4fcf8d77cb463099c380369ee3c303ff270fa798691c093?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 095 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 5 Lindsay Close Ballito 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.535466153824 31.216735812828

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang