Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kingly Bush Villa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Copper-rylaan 3, Hans Merensky Landgoed, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Vanaf R12 000 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kingly Bush Villa is 'n privaat bosvilla wat selfsorgverblyf aan 8 gaste op die Hans Merensky Landgoed in Phalaborwa bied. Die villa is net 5 km vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek geleë.

Dié lieflike villa front na die Krugerwildtuin. Dit het lugversorging, 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook baddens in 2 van die badkamers.

Die moderne oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar.

Gaste kan in die ruim sitarea ontspan. Dié sitarea lei na die onderdakstoep waar daar 'n uitsig oor die tuin, 'n swembad, boma en buitebraaigeriewe is.

Kingly Bush Villa het sy eie watergat wat apies, volstruise, kameelperde, impalas, waterbokke en seekoeie gereeld besoek. Safari-uitstappies in oop voertuie, gholf by die Hans Merensky Gholfbaan en bootvaarte kan op versoek gereël word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Copper-rylaan 3, Hans Merensky Landgoed, Phalaborwa, 1390, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 12 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 12 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Copper-rylaan 3, Hans Merensky Landgoed, Phalaborwa, 1390, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA571d205dee7f19098543202f4a0cad7b536d2dcea554dc0ca2e0fa554bc4cd28ff020e0dbfe9bd20157c7ca7ae40f3660033?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 000 per nag, vir 8 mense 3 Copper Drive Hans Merensky Estate 1390 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -23.957228353113 31.167762219988

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang