Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleine Vrede Farm Cottage

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Annica Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 16 resensies vir Kleine Vrede Farm Cottage
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5
Rozanne J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rozanne J

Rustig en mooi! Sal definitief weer besoek.

Heerlike en goed toegeruste kothuis. Onbeskryflike mooi ligging, goed vir die siel. Ons kinders het die oopte baie geniet en kon lekker langsaan by die Plaaskombuis gaan speel. Baie dankie vir julle gasvryheid en vriendelikheid.

Riaan E - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riaan E

Booking geskuif na Februarie.

Het die booking geskuif na Februarie a.g.v. 'n storm. Het met Anika gereël.

Lukas V - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Lukas V

Lekker plekkie, ligging nie 100%.

Baie lekker en rustige huisie in die aand na verkeer en padwerke kalmeer. Ongelukkig was ons nie in kennis gestel van die padwerke reg langs die huisie nie. Ek dink die webtuiste moes mens in kennis gestel het hiervan. Alhoewel dit op die plaas se grond geleë is, is dit nie regtig die stilte en plaas gevoel wat mens verwag het nie. Dit is ok as jy dalk net 'n nag wil oorslaap of so.

Anonieme gas - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Anonieme gas
Johann E - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann E

Fantasties! Uitstekend!

Dit was fantasties. Lekkerste blyplek in 'n lang tyd.

Herman F - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Herman F

Sentraal geleë in die Hemel en Aarde-vallei.

Die eenheid is lekker sentraal geleë vir al die bestemmings in die Hemel en Aarde-vallei. Netjies en skoon, met al die nodige bybehore wat nodig is. Vriendelike en hulpvaardige diens deur Annica. 'n Bonus is die Plaaskombuis net langsaan.

Lucy B - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lucy B

Baie rustige wegbreek.

Reg langsaan 'n plaaskombuis, paar kilometer van baie mooi wynplase. Lekker kuier.

Anton J - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Anton J

Rustig.

Die kuier was lekker rustig. Die plek is naby wynplase geleë, wat dit fantasties maak. Die negatiewe is daar is nie 'n televisie nie, wat 'n bietjie van 'n probleem is. Jy moet jou eie data vir die WiFi koop. Ons moes die volle bedrag betaal weke voor ons vetrekdatum nadat ons klaar meer as die verwagte deposito betaal het. Mense kan nie meer duisende sommer so uitgee nie, daar is 'n rede hoekom sommige mense kies om die einde van die maand te gaan sodat die hoeveelheid geld wat jy uitgee nie soveel op jou is nie. Die warmbad was fantasties en hout was voorsien, ook 'n soetdingetjie om te eet, inkleurboeke vir die kinders.

Andrea S - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andrea S

Was absolutely the best!

The stay was the best, safe, neat, friendly people. Love the restaurant next door. The view and everything were just perfect!

Charles B - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charles B

Aangename langnaweek.

Ons is vriendelik ontvang en het heerlik gebly. Die huis was skoon en netjies en het alles gehad om ons verblyf gerieflik te maak. Sal beslis weer daar bly.

Fanus N - Feb 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Fanus N

Goed geleë in Hemel en Aarde Vallei.

Baie netjiese plekkie, en die gasvrou is uitstekend. Bietjie knap vertrekkies, maar baie skoon. Pragtige uitsig. Die perseel kan dalk melk, koffie en tee voorsien.

Pauline K - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pauline K

Rustig, huislike atmosfeer met stofie.

Het dit regtig geniet om daar te bly en veilig. Pragtige omgewing.

Conrad B - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Conrad B

Asemrowende ligging.

Kleine Vrede Farm Cottage bied uitstekende waarde vir jou geld en is ideaal geleë naby Hermanus en strande. Die eenheid is skoon en goed ingerig. Bestuur is baie hulpvaardig en vriendelik en ek sal bitter graag meer tyd hier wil spandeer. Kan met goeie gemoed die verblyf aanbeveel.

Christof N - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christof N

Rustige atmosfeer en gerieflik.

Die huis was skoon en netjies en Annica het baie moeite gedoen om ekstra inligting oor die omgewing aan ons te voorsien om die tyd daar ten volle te benut.

Tereza P - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Tereza P

Fantasties.

Netheid ongelooflik. Ligging gerieflik en toeganklik. Kliëntediens baie vriendelik en menslik.

Chrystel S - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Chrystel S

Beperk.

Ons het verwag dat die huis op die plaas sal wees en dat ons daar sal kan stap. Die huis is omhein en apart. Dit is ook reg langs die padstal geleë. Daar is net gordyne in slaapkamers. Die res van huis se vensters is oop. Nie baie veilig vir ons 3 vroue alleen nie.

Kleine Vrede Farm Cottage se terugvoer

Hallo Chrystel,
Dankie vir die tyd en moeite wat dit jou geneem het om hierdie resensie te skryf. Ek waardeer jou insae. Ek antwoord jou graag.. Die kothuis is op die plaas geleë en vorm deel van die plaas eiendom. Dit is apart en omhein soos wat meeste mense dit sou verkies.. Die restaurant is langs die kothuis geleë vir ‘n gemaklike stappie vir ontbyt, maar ver genoeg vir algehele privaatheid.. Elke kamer het ‘n volledige gordyn op wat lig uitblok... net die sitkamer het ‘n kantgordyn, maar dit kyk uit oor vallei waar die diere wei.. ek het dit juis so gekies, maar ek hou dit ingedagte..
Daar is ‘n wandel/fietsry roete wat in afstand wissel..5km/15km & 25km en dit loop reg voor verby die kothuis.. die roetes word aangedui op ‘n groot wit bord op die perseel.. ook is meer as 2 wynkelders stapafstand van die kothuis..
tenopsigte ligging, prys, netheid en diens voel ek dat jy onbillik is hierteenoor. Die Hemel & Aarde vallei is wêreld bekend en julle het in die middel daarvan gewoon.. Die tarief per nag is billik en inagenome plaaslike gaste se sakke ook.. Die kothuis word deeglik skoon gemaak en weer nagegaan voor enige gaste inboek, ook het ek al die nodige inligting aan julle verskaf en toe die gas perongeluk opraak het ek dit binne ‘n kort rukkie reggestel.
Ek waardeer wel dat julle my instansie gekies het om by te bly en vra verskoning as jul ondervinding nie na wense was nie. Dit is vir my bitter belangrik dat my gaste hul hardverdiende wegbreke ten alle tye geniet!
Groete
Annica Louw

Kleine Vrede Farm Cottage
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 300
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hemel-en-Aarde-vallei, R320, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5a555df564e88a8e94dfc996fc6c782a0ee9bb45fb3fe88da2b5d27423366fa1d19dfdc2b1c0b2b42e85b19ee8c2d8ce00e8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense 16 5 1 5 Hemel-en-Aarde Valley R320 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.379823964056 19.237711153409

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang