Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kleinmond Panorama Holidays

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoonstraat 7, Kleinmond, Hermanus, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R625 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kleinmond Panorama bied volledig toegeruste selfsorgwoonstelle in die kusdorpie, Kleinmond. Dis versteek tussen ruwe berge en die see. Drie van die vyf eenhede bied 180°-uitsigte oor die strand, strandmeer en op die berge.

Verblyf word in 5 individueel versierde eenhede gebied.

Kabeljou beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers wat onderskeidelik 'n bad en 'n stort en slegs 'n stort het. Die sitarea het 'n etenstafel, stoele en 'n aparte werkstasie. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, onderdakvoorstoep met 'n ingeboude braai, tafel en stoele. Gaste kan uitsigte oor strandmeer, see en op die berge geniet. Daar is 'n tennisbaan en speelgrond vir kinders oorkant die pad, asook rolbaan op die grasperk langsaan.

Kingklip beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers wat onderskeidelik 'n bad en 'n stort en slegs 'n stort het. Die sitarea het 'n etenstafel, stoele en 'n aparte werkstasie. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, onderdakvoorstoep met 'n ingeboude braai, tafel en stoele. Gaste kan uitsigte oor strandmeer, see en op die berge geniet. Daar is 'n tennisbaan en speelgrond vir kinders oorkant die pad, asook rolbaan op die grasperk langsaan.

Steenbras is 'n privaat tweeslaapkamereenheid wat via trappe bereik word en 'n gedeeltelike uitsig oor die see vanaf die sitarea bied. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers wat onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens het. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort-oor-bad. Daar is ook 'n sitarea, kombuis en privaat tuin met braaigeriewe op die onderste verdieping.

Perlemoen beskik oor 'n ruim oopplan-leefarea met 'n TV-kamer, eet- en kroegarea, binnebraai en 'n tweede sitarea met panoramiese uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bad en 'n stort, asook 'n privaat stoep. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n toilet, bad en 'n stort-oor-bad. Die kombuis is met 'n oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf toegerus, en daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Gratis, onbeperkte WiFi en DStv is beskikbaar.

Periwinkle is 'n enkeleenheid wat oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer beskik. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n spieëlkas, rusbank met sitplek vir 2 en 'n TV met 20 kanale en OpenView HD-dekodeerder. Hierdie eenheid het geen see- en berguitsigte nie en is gewild onder gaste wat die toeriste-besienswaardighede in die area wil verken.

Gaste het toegang tot gratis, onbeperkte WiFi.

Teen die berghang is daar staproetes, sommige met damme en watervalle. Daar is 4 tennisbane oorkant die pad, 'n baie gewilde rolbalbaan langsaan, en 'n goed versorgde gholfbaan met 'n pragtige uitsig.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 103 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Brandon H
Gesin met klein kinders
5.0
Te kort! En asemrowend! Ons was so gelukkig met die eenheid, die gasheer was amazing! Ons sal definitief terug wees!
Jun 2024
Antjie O
Saam met vriende
5.0
Ons nooi ander gaste om ook te kom. Ons het baie lekker gebly, naby alles gewees. Die see-uitsig was goed, en ons het soggens op die strand gaan oefen...
Sien meer
Jun 2024
Wilfred S
Gesin met tieners
5.0
Dit was great. Dit was baie lekker, ek gaan weer daar bly.
Jun 2024
Lynette C
Saam met lewensmaat
5.0
Soos bo uiteengesit. Beste plek ooit. Leslie on top. Vriendelik en hulpvaardig. Niks het ontbreek. Meer as waarop ons gereken het. Uitsig pluspunt. Da...
Sien meer
Apr 2024
Nico U
Saam met vriende
5.0
Rolbal gespeel en baie heerlike plek om te onspan na 'n dag se spel. Heerlike verblyf met pragtige uitsig.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 103

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lagoonstraat 7, Kleinmond, Hermanus, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kleinmond Panorama Holidays het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R625
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R625
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoonstraat 7, Kleinmond, Hermanus, 7195, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbebf24a3cf77f9ebf520743a439558442dd297c092cafe994a5465a793619113b35afd92bda6a028a22c55dba231398dd134?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R625 per nag (plek vir 2) 103 5 1 5 7 Lagoon Street Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -34.339312341325 19.034382104874

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang