Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kraaldoorn Farm Stay

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roete 62, Kraaldoorn, Groenfontein, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Vanaf R690 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kraaldoorn Farm Stay bied verblyf wat heeltemal onafhanklik is van die tradisionele kragnetwerk. Dit is in die oostelike vleuel van die eienaar se huis, wat uit 1887 dateer, geleë op 'n prentjiemooi plaas net buite Calitzdorp. Die omgewing staan bekend vir skilderagtige roetes, voetslaanroetes en ikoniese besienswaardighede wat die Boplaas Familiewynplaas, die Swartbergpas na Prins Albert en die Kangogrotte in Oudtshoorn insluit.

Die oostelike vleuel het 'n aparte ingang en stoep en dus kan gaste algehele privaatheid geniet. Die huis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n knus slaapkamer, aparte badkamer, sitarea en kombuis. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Daar is 'n ekstra enkelbed in die sitarea. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n klein etenstafel toegerus. Die sitarea lei na die privaat stoep met 'n buitetafel, 2 sonstoele en 'n lêstoel waar gaste kan ontspan en die uitsigte oor die vetplanttuin en heuwels kan geniet. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die hoofhuis het 'n eklektiese galery wat kunssinnige gaste sal waardeer. Musiekentoesiaste kan gerus kom kitaar speel of die klawers van die Bluthner-vleuelklavier uittoets. Hier is verskei voëls vir gaste wat voëlkyk geniet. Avontuurlustige gaste kan die plaas se voetslaanroetes aandurf, daar is verskillendes wat wissel van maklik tot uitdagend en die plaas is ideaal vir fiets- en bergfietsryers.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Gerda K
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld, mooi omgewing, vriendelike gasheer. Ja, baie lekker. Gasheer was baie vriendelik en hulpvaardig.
Nov 2024
Mariette L
Gesin met tieners
5.0
Unique experience. Enjoyed our stay, breathtaking environment, lovely views, safe and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Pauline D
Saam met lewensmaat
5.0
Best place to de-stress, rejuvenate and unwind. Very comfortable, spacious farmhouse. Peaceful wooden deck for yoga sessions, meditatio...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Ron E
Saam met lewensmaat
5.0
A memorable experience. This was a wonderful farm and art experience, thanks to Peter and his dog, Shadow, for a truly warm and memorab...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Neville D
Saam met lewensmaat
5.0
Stimulating conversation and peaceful location. Great evening with our host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 38

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Roete 62, Kraaldoorn, Groenfontein, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kraaldoorn Farm Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 690
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 690
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Roete 62, Kraaldoorn, Groenfontein, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc39285b276dbc7c92b420bee561eddc25cf86d8b41f3d529b9a93450ce3c3d0ec45bac7d8d07dd2f437cc6b424f80c55aef0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Route 62 Kraaldoorn, Groenfontein 6660 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.465751 21.739069

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang