Kranz Hut
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tafelbergweg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Vanaf R670 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kranz Hut is net buite Pietermaritzburg geleë en bied lieflike selfsorgverblyf op 'n plaas van 570 hektaar wat spog met akasiabosveld, skouspelagtige rooi kranse, diep beboste valleie en watervalle op die Umgeni- en Rietspruitrivier.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n buitestort.
Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n sit- en eetarea.
Buite is daar 'n houtdek wat na 'n braai-area met 'n vuurput lei. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad.
Die Umgeni-rivier vorm deel van die grens van die reservaat en is die tuiste van baie spesies varswatervis sowel as sommige inwonende krokodille. Hierdie eiendom is ook deel van 'n 3500-hektaar bewarea wat aan die reservaat grens, sodat 'n mens verby die grense kan kyk na mooier bos- en plaasgrond daarbuite.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Claire Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 5
Resensies 1
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Tafelbergweg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tafelbergweg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang