Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kruger River Holiday Home

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Mei 2025 tot 12 Jun 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 3610, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
  • Vanaf R5 950 R5 058 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Kruger River Holiday Home is 'n vierslaapkamerhuis vir 'n gesin aan die Krokodilrivier se oewer. Dié huis het 'n pragtige uitsig oor die wêreldbekende Krugerwildtuin.

Hierdie huis is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers, geleë in Marlothpark met vrylopende wild en net 15 minute se ry op 'n uitstekende pad na die wildtuin se Krokodilbrughek.

Wandel langs die rivier of bring jou bergfiets saam vir gerieflike ritte in die bosveld. Ontspan by die swembad terwyl jy kyk hoe die olifante in die rivier swem. Gaan self vir 'n wildrit deur die Krugerwildtuin of maak gebruik van die begeleide wild-aktiwiteite wat deur die personeel gereël word.

Die 4 en suite-kamers het lugversorging en elkeen het 'n pragtige privaat patio met asemrowende rivier-uitsigte.

Die kombuis is met 'n elektriese oond, gasstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en ysmasjien toegerus. Etes kan in die knus binnenshuise eetkamer of op die swembadstoep met sy braaiplek geniet word. Aandetes en ontbyte kan vooraf bespreek word by 'n nabygeleë herberg wat geaffilieer is met Kruger River Self-Catering.

Die huis word daagliks skoongemaak deur die opsigter.

Volledige DStv is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Beperkte gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n rugsteun-sonkragstelsel wat verseker dat die eiendom nie deur beurtkrag geraak word nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Abri Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 92

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Seekoeiweg 3610, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
  • Gaste dink Kruger River Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 950
R 5 950 R 5 058
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 950
R 5 950 R 5 058
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeiweg 3610, Marlothpark, 0174, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXN9N69jG6h4YsmzEkWvb537AQHtKxEaJoqJbBMHT3kJl56kUkw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 950 nouVanaf R5 058 per nag (plek vir 8) 22 5 1 5 3610 Seekoei Road Marloth Park 0174 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.348832838381 31.809858977795

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang