Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Pirogue 1

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Dana N
Kort verblyf Gesin met tieners
3.2
Okt 2023

Baie ry. Die eenheid kort redelike aandag.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Maritz V
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2022

Dit was 'n plesier om hier te kuier. Die diens van dag een af was uitstekend met Karin. Sy was op die bol met als. Die woonstel is goed geleë en netjies. Skoonpa het in sy (Cinema) gesit en sy TV geniet. Baie dolfyne en walvis gesien. Vrou was in haar noppies, so ook die kinders. Ons het regtig lekker gekuier. Nogmaals dankie aan Karin. Ek gee haar ook 5 sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Goeiemiddag Maritz, baie dankie vir die mooi resensie, ons sien uit daarna dat u weer by ons bespreek. Groete, Karen.

Adel E
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jul 2022

As jy soek vir 'n see uitsig en die gedruis van golwe in jou ore. Die woonstel is uitstekende ligging. Gemaklik ingerig. Pragtige uitsigte. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie dankie vir die terug voer. Ons hoop om jou weer te sien binnekort.

Nicolene S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Mrt 2021

Ons het die vakansie baie geniet ten spyte van 'n paar teleurstellende goed by La Pirogue 1. Prop247 se bestuur van La Pirogue 1 is nie effektief nie: Toe ons daar aankom het die blinder in die een kamer afgeval en dit was eers 10 dae later reggemaak. Ons kon vir 10 dae glad nie die derde kamer gebruik nie as gevolg daarvan. Die skoonmaakdienste maak nie die braai skoon soos adverteer nie. Die oond is so vuil dis onbruikbaar. Ons moes self die handdoeke was om die suur reuk uit te kry en die plek kort 'n "fumigation" (daar is baie kakkerlakke). Ons het ook aan Prop247 voorgestel dat daar meer borde en koppies aangeskaf word sodat mens nie na elke maaltyd moet skottelgoed was nie (net 6 koppies en 8 borde is te min). Die parkering is baie knap en moeilik om in/uit te kom veral as iemand in die parkering langsaan is, maar dis doenbaar. La Pirogue 1 het baie potensiaal (al die geriewe wat mens nodig het) en is pragtig geleë, maar moet beter onderhou word, anders sal gaste dit nie kan geniet nie.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jean V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2020

Dit was heerlik, alles wat jy nodig het was daar, netjies en skoon. Parkering by Nr. 1 is 'n bietjie moelik as daar iemand in Nr. 3 ook is maar is moontlik. Is ook nie seker van die alarm gewees nie, die mense wat skoonmaak sit die alarm aan as hulle klaar is en jy weet dan nie dat dit aan is nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dewald S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Sep 2020

Vinnige wegbreek, net wat ons gesoek het. As ek moet kla oor iets, dan is dit die kombuis wat werk kort. Die skottelgoed lappe het nie lekker geruik nie, ons kon dit nie gebruik nie. Ons moes van die potte en panne eers was voor ons dit kon gebruik. Die een pot was vreeslik vuil aan die buite kant. Die gasbraaier is geroes onder en om dit rond te skuif is nogal moeilik. Die parkering is 'n problem, veral as jy 'n groot voertuig het soos ons. Wonderlike uitsig vanaf die stoep, net wat ek gesoek het.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anri S
Lang verblyf
4.4
Des 2019

Baie lekker. Baie mooi plek. Meubels kan dalk vervang word vir die prys wat mens betaal.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Taryn E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2018

Baie lekker vakansie by die see. Ons het ons kort rukkie by die see geniet. Die huis is pragtig geleë en reg by die strand. Die uitsig is asemrowend en het elke oggend die sonsopkoms geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie bly julle het dit geniet! Julle is altyd weer welkom.

Justin L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Okt 2018

Super tops akkommodasie met die see op jou voorstoep. Ons verblyf by La Pirogue 1 was uit die boonste rakke. Die eenheid is asemrowend en het ons wildste verwagting oortref. Alles was skoon en gerieflik en die ruim leefarea en balkonne maak ontspan en rustige kuier moontlik. Die kinders kon op die gras en in die swembad baljaar. Ek kan die eenheid met oorgawe aanbeveel en sal beslis waar 'n bespreking maak.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Baie dankie vir die mooi woorde, Madelein. Ek is baie bly julle het die ruskans geniet.

Sera B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2016

Pragtige plek, wonderlike uitsig, goed toegerus! Ons het 'n heerlike naweek geniet. Die eenheid is goed geleë, toegerus met alles wat jy nodig het en die uitsig is ongelooflik. Ons het op die stoep gesit en eet terwyl die dolfyne voor ons in die see speel. Die strand is net oorkant die pad en die swemstrand binne loopafstand. Parkering is bietjie knap en ons moes baie versigtig met ons SUV parkeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karen
La Pirogue 1
Hallo Sera Baie dankie - ons is bly julle het dit geniet!

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Karen Geverifieer

Eiendomme 40

Resensies 568

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf R1 792
R1 792 R1 523
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 792
R1 792 R1 523
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach-weg 53, Westbrook, 0001, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc9b5d6b5ea620774a9e2b9211d75c515e041de0cba955a996f5ce48cf4798f480ae81befd6412b03fbbfd42cfd1416b2e82c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 792 nouVanaf R1 523 per nag (plek vir 6) 15 5 1 5 North Beach Road 53 Westbrook 0001 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.586881 31.17373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang