Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laaste Gift

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Laaste Gift is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis vir tot 10 mense, en is net 'n entjie van die see af geleë, en 1 km vanaf die swemstrand in Bettysbaai.

Uitsig oor die see, en met uitsigte oor die berg en omliggende fynbos. Dit grens aan 'n reservaatgebied wat beteken dat niemand aan die een kant kan bou nie.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea, 'n sitkamer en 'n sonkamer.

Op die grondvloer is daar 2 slaapkamers en die groot sitkamer. Een van die slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed, en die ander het 'n enkelbed, sowel as 'n stapelbed. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en toilet. Die sitkamer het 'n groot etenstafel en maak oop op 'n stoep met 'n 6-sitplek buite-eetarea.

Die eerste verdieping bestaan uit 2 en suite-slaapkamers, 'n ekstra toilet, die kombuis, 'n eetarea, die sitkamer en 'n sonkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, sowel as 'n driekwartbed, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer maak oop op 'n dek en beskik oor 'n koningingrootte-bed, sowel as 2 driekwartbeddens, en het 'n badkamer met 'n stort, 'n bad en 'n toilet.

Gaste moet hul eie handdoeke saambring. Beddegoed word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n skottelgoedwasser is beskikbaar vir gaste om te gebruik. 'n Trap lei vanaf die kombuis na die buitebraai-area.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv en uitkyk oor die omgewing.

Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuin, of die pikkewynkolonie by Stony Point besoek, en die area bied verskeie doendinge soos sandplankry, swem, branderplankry, stap- en voetslaanroetes, asook verskeie restaurante.

Neem asseblief kennis dat geen harde musiek toegelaat word nie. Wanneer die gaste 'n bespreking maak, word 'n afskrif van die persoon wat die bespreking gemaak het se ID vereis.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laaste Gift het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Marine-rylaan 2716, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2d1493f64d4e264df69d8fa3cf96832d5bc1d7bdd7574acbc7a8ef3fe896dfab87d318ae984ae4fcaab8ecc965d81193e7b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10) 16 5 1 5 2716 Marine Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 12:00 -34.356949786666 18.925839906746

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang