Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laguna La Crete 11

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Laguna La Crete, Selvey-laan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 100 R935 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Laguna La Crete 11 is 'n beeldskone seekant-woonstel teenaan die hoofstrand in Uvongo, KwaZulu-Natal.

Dié selfsorgeenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die en suite-badkamer et 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n groot leefarea met 'n slim-TV. Gaste het ook toegang tot DStv Now. Veselinternet is ook beskikbaar. Die kombuis is met al die nodige toebehore, 2 aparte yskas-vrieskaste, mikrogolfoond, lugbraaier, stoof, oond, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is ook 'n groot stoep met 'n onbelemmerde uitsig oor die see. Die stoep het 'n tafel met stoele, 4 gemaklike dekstoele en 'n gasbraai. Die eenheid het 'n omsetter vir beurtkrag wat krag aan die internet, TV en 'n lamp voorsien.

Die eenheid het 'n aangewese motorafdak en parkeerplek vir waentjies sowel as oop parkeerplek vir gaste. Die kompleks bevat ook geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad, braai-area en tennisbane. Die perseel het 24 uur-sekuriteit vir jou gemoedsrus.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ryno L
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Baie lekker en 'n ongelooflike see-uitsig. Sal dit vir seker aanbeveel.
Mrt 2024
Nikita G
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. Clean, spacious, well-equipped unit in a great location. We enjoyed our stay very much and will definitely visit again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Mariana D
Gesin met klein kinders
5.0
Ongelooflike uitsig, baie veilig en lekker vakansie gehou! Hoogs aan te beveel! Heidie is 'n wonderlike gasvrou/eienaar! Heidie is ongelooflik! Woonst...
Sien meer
Apr 2023
Ben S
Gesin met tieners
5.0
So ver ons beste vakansie ooit. Ek sal beslis Laguna La Crete 11 aanbeveel. Ek dink wat ons die meeste beïndruk het, was die attention to detail, as e...
Sien meer
Apr 2023
Merril Stainton S
Saam met vriende
4.4
Absolutely fantastic. What a beautiful unit. Clean, great location and very safe. Beautiful sea view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Heidi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Laguna La Crete, Selvey-laan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Laguna La Crete 11 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 100
R1 100 R935
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Laguna La Crete, Selvey-laan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1MDM2MWE0LTU1ZWYtNDEyMS05NWJiLTU2ODU5YmFlNjkzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R935 per nag (plek vir 6) 56 5 1 5 Laguna La Crete Selvey Avenue 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 09:00 -30.83735547691 30.394381052301

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang