Laminar Blu @ 23 Akrotiri Santorini
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusrylaan 101, Akrotiri Santorini 23, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 690 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Laminar Blu @ 23 Akrotiri Santorini is 'n pragtige woonstel in 'n skilderagtige tuin op die kranse met 'n uitsig oor die strande by Hole-in-the-Wall in Thompsons Beach, Ballito. Dit spog met asemrowende, panoramiese uitsigte oor die Dolfynkus en bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf, perfek vir 'n onvergeetlike wegbreek.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en 1 baba en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n bababed het. Die gedeelde badkamer het 'n stort.
Die oopplan-kombuis lei na die leefarea en is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ruim leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n toonbank met 4 stoele, gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv en Disney+. Dié area lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n braai.
Gaste het toegang tot die landgoed se geriewe, wat 'n swembad, 'n speelgrond vir kinders, 'n walviskykdek, 24 uur-sekuriteit en kringtelevisie insluit. Die eenheid is binne stapafstand van winkels, restaurante, gholfbane en Ballito se hoofstrande af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ryan Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 18
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kusrylaan 101, Akrotiri Santorini 23, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusrylaan 101, Akrotiri Santorini 23, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang