Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Langsmekaar

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amandelboomlaan 36, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Langsmekaar is 'n ruim vakansiehuis met uitsigte oor die see en strandmeer in die hartjie van Kleinmond. Dit kan ideaal wees vir óf 'n gesinsvakansie óf 'n groep vriende aangesien dit stapafstand van die strand af geleë is.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 12 volwassenes en 3 kinders op 'n slag akkommodeer. Dit beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Daar is 4 slaapkamers wat elk met 'n dubbelbed ingerig is, maar net 2 van hulle het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed sowel as 'n enkelslaapbank vir kinders, terwyl die sesde slaapkamer 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders het. Die oorblywende badkamers is toegerus met 'n stort in een en die tweede badkamer is 'n volledige gesinsbadkamer. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die grondvlak van die huis beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n sitkamer, binnebraai, etenstafel en 'n kombuis. Dié kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Die boonste vlak het ook 'n oopplan-leefarea met 'n sitkamer, binnebraai en kombuis wat toegerus is met dieselfde toebehore as die grondvloer. Hierdie area sluit ook 'n pooltafel in vir gaste se vermaak.

Die boonste vlak lei na 'n balkon wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte bewonder. Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die ligging van hierdie huis is ook naby 'n speelpark.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 3 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 1
Slaapkamer 6
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 5

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mavis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Amandelboomlaan 36, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Langsmekaar het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amandelboomlaan 36, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72a86d024f1d98e9c93632816894525a153a7c41b89c6c62341927476582be2472a590ebcf2e293daa92637b5250642718b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 36 Amandelboom Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.3378933 19.0378202

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang