Lekker Rus
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kurper-laan 839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Lekker Rus bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n drieslaapkamerhuis in Marlothpark. Dit is teen die suidelike grens van die Krugerwildtuin en is ideaal vir gaste wat dit geniet om wild te kyk. Vrylopende wild stap in Marlothpark rond, en gaste sal dalk besoek word deur vlakvarke, sebras, koedoes, rooibokke of kameelperde.
Hierdie huis bied verblyf aan 8 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamers is op die onderste verdieping en het elk ’n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en is ’n slaapkamer in ’n solder-styl. Dit het ’n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Al 2 die slaapkamers het plafonwaaiers. Daar is 2 badkamers wat elk ’n stort, wasbak en toilet en het.
Die huis het ’n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 2 yskas-vrieskaste, ’n gasstoof met ’n oond, ’n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n TV met OpenView-kanale.
Die onderdakstoep bied ’n uitsig oor die bos. Daar is stoepmeubels, ’n plonspoel en braaigeriewe. Onderdakparkeerplek is vir 4 voertuie beskikbaar.
Daar is ’n alarmstelsel in die huis, sowel as ’n paniek-afstandbeheerder. Die hoofgedeelte van die huis het lugversorging. Dit is nie in die slaapkamers nie en gaste dra self die koste daarvan indien hulle kies om van die lugversorging gebruik te maak.
Marlothpark bied 2 winkelsentrums, 2 hardewarewinkels, ’n kurio-winkel, drankwinkel, ’n verskeidenheid restaurante, ’n gemeenskaplike swembad, klimraam en speelgrond, wasgoeddienste, ’n roomyswinkel, vulstasie, 2 plekke om voertuie te was, ’n gesuiwerde water-winkel, ’n bakkery en ’n slaghuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Magdalena
Johanna
Eiendomme 2
Resensies 108
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Kurper-laan 839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Lekker Rus het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kurper-laan 839, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang