Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Libertas Farmhouse

Selfsorg

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Chrisna Smit S
Kort verblyf
5.0
Aug 2023

Te veel van 'n goeie ding is 'n goeie ding! Ons vriendelike gasheer het uit haar pad gegaan om ons tyd by hulle aangenaam te maak. Ons is daagliks bederf met vars plaasmelk en op hoogte gehou van die beurtkragskeduke. Die akkommodasie was smaakvol, goed toegerus en skoon. Ons het niks kort gekom behalwe meer tyd nie! Al die groen om ons en tonne vars lug was ongelooflik. Alhoewel daar baie is om te doen en sien in die area, is daar geen rede om die plaas te verlaat nie — absolute rus vir 'n mens!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Libertas Farmhouse
Baie dankie vir die mooi terugvoering, Chrisna. Ons is so bly ons kon die spasie skep sodat julle lekker kon saam kuier as familie. Dit is 'n voorreg om op 'n manier deel te kon wees van jul samesyn.

Nadia H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2018

Rustige vakansie met familie. Heerlik gebly by Libertas Farmhouse. Baie spasie binne en buite. Rustige vakansie met pragtige uitsig en groot erf. Veilig vir klein kinders. Skoon en netjies met goeie diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Libertas Farmhouse
Baie dankie vir die goeie terugvoer, Nadia. Ons is bly julle het lekker gekuier en dit is vir ons altyd die heel lekkerste om die kleinspan so lekker te sien baljaar op die plaas.

Lindi J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2018

Die rustigheid self. Linda was 'n uitstekende gasvrou. Ons het heerlik gebly en die kinders het die spasie en speelgoed vreeslik geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Libertas Farmhouse
Baie dankie vir jou goeie terugvoer Lindi. Ons is baie bly julle het lekker gekuier. En geluk met die Kingfisher. Dit is nie 'n maklike roete nie.

Elane K
Kort verblyf
5.0
Apr 2016

'n Plaas-atmosfeer met die luukse van 'n hotel. Perfekte naweek- of midweek-wegbreek van die stadsgeraas. Libertas is die perfekte wegbreek-bestemming! Die klem op fyn detail vir gemak, eienaars se gasvryheid en Aletta verdien SES sterre!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Libertas Farmhouse
Dankie vir die mooi woorde Elane. Ek sal die boodskap oordra aan Aletta - sy gaan baie in haar noppies wees. Hoop julle kom kuier weer op die plaas en dat julle volgende keer langer sal bly. Groete uit die Tuinroete. Linda

Lizl B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2015

Heerlik! Ons het baie lekker gekuier. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 30

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dankbaar-plaas, Hoekwil-distrik, 31 km vanaf George, 6538, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlhZmQ2ZjU3LWUzM2YtNGEyOS04MjI1LTA5MDA2Y2YzNjgzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Farm Dankbaar Hoekwil district 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.963228991797 22.696633142196

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang