Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Libra Holiday Flats Unit 2

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Libra Woonstelle No. 2, Lilliecrona-boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Libra Holiday Flats Unit 2 is in die vakansiedorp Margate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Margate is sowat 20 km suidwes van Port Shepstone en wyd bekend vir sy strande, snorkel en branderplankry. Dis die ideale wegbreekplek vir gaste wat op soek is na 'n luilekker vakansie.

Dié eenslaapkamer-eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit is op die eerste verdieping en word d.m.v. 'n stel trappe bereik. Dié slaapkamer het 'n dubbelbed en skuifdeure wat lei na die patio. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die badkamer het 'n moderne hoekbad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, bring asb. jou eie swem- en strandhanddoeke en vadoeke saam. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, yskas, vrieskas en mikrogolfoond. Die kamer bevat ook geriewe soos 'n TV met DStv en gratis WiFi.

Dié eenslaapkamer-eenheid bied 180°-uitsigte oor die see vanaf die groot, bedekte balkon wat na Uvongo en Manaba se strande front. Daar is 'n eenplaatgasstoof met 'n ketel, asook ligte wat tydens beurtkrag beskikbaar is.

Daar is 'n Weber-braai op die patio en 'n tafel en stoele waar jy kan sit en die uitsig oor die dolfyne en walvisse soos hulle verby swem, kan geniet. Die groot swembad en getypoel is direk oorkant die eenheid. Vir jou gemoedsrus het die woonstel ook 'n kluis, onderdakparkeerplek, elektriese heinings en 'n nagwag aan diens.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Henrietta E
Saam met lewensmaat
5.0
Just amazing! We really enjoyed our stay. The view was wonderful, the flat was clean and neat with all you need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Cat F
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing stay! Stay was awesome - the balcony was a haven for a weary soul!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Renée S
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely accommodation with great views. Thanks you. Block out curtains in the bedroom will be great. Sleeping in was not easy with the l...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Yolandi S
Gesin met klein kinders
5.0
Fantamagories. Dit was 'n heerlike wegbreek. En sal beslis aanbeel vir verblyf.
Nov 2023
Meralda M
Gesin met tieners
5.0
Beste see-uitsig ooit. Tannie Gerrie het ons so lekker warm verwelkom ons het soos familie gevoel. Die is beslis 'n plekkie wat ons weer sal besoek. A...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Linky Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 92

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Libra Woonstelle No. 2, Lilliecrona-boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Libra Holiday Flats Unit 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Libra Woonstelle No. 2, Lilliecrona-boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOSG9KI4cH8EjN32tmtNfml4iJlaAQCQit47KoJ2QOyq8wFX7ft?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 37 5 1 5 Libra Flats Unit 2 Lilliecrona Boulevard 4276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.853453645612 30.38273870945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang