Little Hadeda
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hadedastraat 39, Klein Nederburg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
-
Vanaf
R750R638 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Little Hadeda bied knus selfsorgverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Klein Nederburg, Durbanville. Dit is ideaal vir 'n klein gesin of 'n sakereisiger.
Dié woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 'n kind en beskik oor 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n induksieplaat, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het 'n enkelslaapbank vir 'n kind en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite het gaste toegang tot 'n privaat binnehof met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is naby hospitale, winkelsentrums en wynplase.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Roanne Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Hadedastraat 39, Klein Nederburg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Little Hadeda het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hadedastraat 39, Klein Nederburg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang