Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Log in @ 118

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Feb 2025 tot 28 Feb 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
  • Vanaf R850 R680 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Log in @ 118 is 'n bekoorlike en smaakvol versierde selfsorghouthuisie in Rothdene, Meyerton. Dis die ideale verblyf vir 'n rustige wegbreek uit die stad.

Die huisie bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele waar gaste hul oggendkoffie met 'n uitsig oor die tuin kan geniet. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek reg langs die huisie. Die gewilde Klipdraai Vakansie-oord is stapafstand vanaf die verblyf en daar is ook plaaslike kruidenierswinkels en restaurante naby.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Emma W
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful accommodation! I booked this for my son and he told me to say that it was superb and they will be back. They loved everything...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Maryna Y
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly! Ons het heerlik gebly en alles was skoon en netjies met alles wat mens nodig het. Dankie, ons gaan definitief weer van julle verblyf ge...
Sien meer
Okt 2024
Antoinette C
Gesin met tieners
5.0
Fabulous, top notch. Book now. I was absolutely amazed by this cabin. It is upmarket, well decorated and most deferential, a home away ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Dawie V
Gesin met tieners
5.0
Baie baie goed! Dit was 'n baie lekker blyplek. Beveel 100% aan vir diegene wat wil oorbly!
Jul 2024
Niël B
Besigheidsreis
5.0
Perfekte blyplek met ongelooflike diens. Van die besigheidsman wat nie gepla wil word nie tot die reisende gesin wat alles wil sien, word met ope hart...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
  • Gaste dink Log in @ 118 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Meyerton Gauteng
Vanaf R850
R 850 R 680
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R 850 R 680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rabielaan, Rothdene, Meyerton, 1960, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb85295d4ddf919999e6140b17a004419fcb4b8f94cc753a262226a87ae8270622674013d3015224910b288042e83e7551b98?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R680 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 Rabie Avenue Rothdene 1960 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -26.600898194398 27.992966920137

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang