Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lone Wolf's Lair

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
  • Vanaf R5 100 R4 590 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Lone Wolf's Lair is ’n unieke en privaat selfsorgkothuis met ’n grasdak op die oewer van die Vaalrivier in Lindesquesdrif. Hierdie 180 m²-kothuis bied pragtige uitsigte vanaf al die kamers en is ongeveer 25 km vanaf Parys se middedorp en 40 km vanaf Vanderbijlpark. Die area spog met 'n hele rits aktiwiteite en meer inligting hieroor kan op versoek gedeel word.

Dié vakansiehuis is geskik vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die oopplan-slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n sit- en eetarea. Die en suite-badkamer het 2 storte, 2 wasbakke en 'n bad. Alles is met die hand uit ysterhout gemaak.

Die boonste slaapkamer het 'n koningingrootte-hemelbed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en 2 houtwasbakke.

Die kombuis is met 'n waterfilter-sisteem, 2 klipwasbakke, 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, lugbraaier en AMC-kookware wat eetgerei en breekware insluit toegerus.

Die leefarea lei na 'n beskutte stoep met 'n Jacuzzi. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien. Die leefarea bied ook 'n kaggel met 'n Amerikaanse Indiaan-tema en 'n TV vir Netflix en ander mediavermaak met gratis WiFi. Groot vensters het 'n uitsig oor die tuin en rivier.

Die Jacuzzi is beskikbaar vir 6 ure se gebruik vir elke nag waarvoor betaal is.

Die kothuis het ook gasgeisers, 'n gasstofie en daar is ’n boorgat met ’n waterfiltersisteem.

Gaste kan hul eie kano's of kajaks bring om op die rivier te gebruik, of hulle kan visvang op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Kobus C
5.0
Die besoek was in alle opsigte besonders, unieke opset en met soveel detail uitgerus en toegerus. Ligging is ook perfek, afgesien van die tema van en ...
Sien meer
Apr 2023
Anton G
Saam met lewensmaat
4.8
Puik verblyf en geriewe. Rustig. Die verblyf is 5-ster en bied 'n lieflike groot bed. Ons het die kaggel en Jacuzzi voluit benut aangesien dit koud wa...
Sien meer
Aug 2023
Zane H
Saam met lewensmaat
4.8
Prentjiemooi. Was ongelooflik rustig en lekker om te rus by Lone Wolf's Lair. Die rivier is reg langs die Lair en dit skep 'n ongelooflike atmosfeer.
Feb 2023
Johan R
Saam met vriende
4.6
Heerlike atmosfeer. Wat 'n heerlike ondervinding. Ons het terdeë elke oomblik van ons verblyf geniet.
Mei 2024
Sarah S
Saam met lewensmaat
4.6
Wonderful private getaway, perfect for couples wanting to rekindle the love and enjoy the beautiful views & surrounding nature. We real...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
  • Gaste dink Lone Wolf's Lair het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf R5 100
R 5 100 R 4 590
per nag, vir 4 mense
Vanaf R5 100
R 5 100 R 4 590
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lapa Manzi 4, Lindequesdrif, Vaal Oewer, Parys, 1911, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf5d13a22b4f6920a6e38364ad2d9f848705e2921974a1c9a25ea8e9b5d031084f04f95dc633f9a7446ae292645edea4fb8ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 100 nouVanaf R4 590 per nag, vir 4 mense 11 5 1 5 4 Lapa Manzi Lindequesdrif, Vaal Oewer 1911 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.785555555556 27.540555555556

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang