Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 255B Kiewiet

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Baie goed

Netheid
3.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.4
Elard B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Baie dankie Mabalingwe. Sal dit nooit vergeet nie. Dit was 'n great naweek by Mabalingwe. Die personeel is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Daar is baie aktiwiteite om van te kies en die wild wat daar is, is amazing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezl B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Heerlike vakansie plek om te rus en naby aan die natuur te wees. Baie lekker gebly. Die enigste klagte is dat ons eenheid se buitelig nie gewerk het nie en mens kan nie die stoof gebruik nie, want dit trip die krag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandie G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Fantasties. Ons oornag was baie lekker gewees en definitief die moeite werd gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2024

Sien bo. Verblyf was lekker, die kombuisarea is net baie ongemaklik, veral met 'n wasbak buite. Baie min spasie om bv. tee, koffie, suiker, en brood of klaar kos neer te sit. Ons het lekker gerus, maar indien ons vir langer as nou wil gaan, sou ek verkies om 'n groter eenheid te bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Sandra V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2024

Klein maar lekker. Rustig, baie gesonde diere en eenhede naby aan die swembad.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Louis V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jul 2024

Ten spyte van alles baie lekker gebly. Mabalingwe nog altyd 'n treffer. Die blyplek is baie goed geleë en rustig in die natuur. Daar was geen stort- of badmatjies nie. Daar was ook geen vloerlappe, besem of mop om te kan opvee in geval van 'n noodgeval nie. Die eerste koue water in die badkamer was pikswart en vuil, en die wasbak was ook vuil. Dit het 'n lang ruk geneem om skoon te loop. Ek moes water gaan koop om te drink en vir die ketel. Die multiplug om al die toerusting te gebruik was foutief. Dit was ongemaklik om elke keer die ketel, mikrogolf oond en rooster te ruil as jy dit wou gebruik. Miere was 'n groot probleem, so ek moes gif gaan koop en elke dag spuit.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jacqueline D
1 nag
4.0
Sep 2024

Need clean towels! Towels stink, again. Second stay, no change. I will have to bring my own next time.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Maggie M
1 nag Gesin met klein kinders
3.8
Mrt 2024

Amazing, value for my money. Mabalingwe is like our second home, this unit was beautifully located and had everything we needed. Close to the pools and entertainment area. The only disappointment is the lack of communication from the host; she takes ages to respond to any communication and it almost caused a problem, aside from that our stay was amazing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Beverley B
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Feb 2024

Lekker alhoewel daar 'n bietjie "liefde" kort. Kuiers op Elephant Lodge is altyd baie lekker. Eenheid Kiewiet kort 'n bietjie baie liefde en aandag aangesien ons opgelet het dat daar 'n paar "onderhouds" areas was. Die voordeur (uit na die braai area) kon nie heeltemal toemaak nie (dit lyk asof die hout "geswel" het a.g.v. reënwater dalk). Die agterdeur het 'n hakkie, maar die hakkie is stukkend en afgebreek. Die eenheid is wel nog van die oorspronklike "Tau Lodge" eenhede met basiese breekware en 'n baie klein yskas/vrieskas. Die eenheid was wel skoon met aankoms (die lugversorger het nie gewerk nie). "Loadshedding" wat buite almal se beheer was, is maar soos ooral in SA 'n groot probleem, maar ons was bly om te sien daar was 2 herlaaibare ligte beskikbaar vir die donker. Alhoewel dit gereën het (en ons braai gestaak het), het ons opgemerk dat die braai nie skoongemaak was van die vorige gaste nie. In elk geval sou ons nie kon braai in die braai area nie aangesien dit vuil was. Nogsteeds baie lekker gekuier op Mabalingwe.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Anonieme gas
Kort verblyf
3.2
Mrt 2024

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Monique Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 447

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R516, Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM1Y2RhN2Q0LTQzZGQtNDA1MC05NmU3LTA5MGNkODkwZTdmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 50 5 1 4 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.822075306195 28.062566201111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang