Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Monique Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 447

Op LekkeSlaap 6 jaar

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 52 resensies vir Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal
Netheid
3.5/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.7/5
Rina R - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rina R

Baie lekker plekkie.

Vreeslik lekker gebly. Wildritte was lekker, wild wat vry rondloop is so mooi.

Theresa B - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theresa B

We love Mabalingwe, been there a few times. It's our favourite holiday destination.

We had a great stay. The unit is very close to the restaurant and reception. The unit was cosy and comfortable. We didn't really cook; we enjoyed the meals at the restaurant and the caravan park. The food is affordable and we received great service.

Sunette M - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sunette M

Ons het die naweek vreeslik geniet, sal vir seker weer teruggaan.

Ons verblyf was gemaklik, mooi boma en natuurskoon. Was sommer met ons aankoms gegroet deur bokke, olifante en vlakvarke.

George R - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
George R

Alles was fantasties soos altyd. Dankie julle.

Sien sterre.

Anton V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anton V

Plek sal 100% wees as aandag aan detail gegee word.

Ons het hulle net gebruik om 1 aand te slaap omdat ons op 'n ander oord betrokke was. Klein probleme om op te let: Die toilet bly water mors. Die toiletpapierhouer is los. Die badkamerwasbak se kouekraan seel wil nie lekker werk nie. Die bad se prop is kleiner as die gat en water bly uitloop. Die bad se overflow is stukkend en is net 'n gat wat daar sit. Die DSTV het nie gewerk nie.

Marike M - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marike M

Ons sal weer gaan.

Baie goeie ligging in die reservaat. Naby aan winkel en swembad. Kamer het 'n lekker braaiplek en vuurkuierplek. Dit was heerlik om op netjiese paaie te kon ry om wild te kyk. Mens kan sien die reservaat word mooi onderhou. Ongelukkig het die netheid bietjie teleurgestel en die linne het snaaks geruik. Ek hoop wanneer ons weer gaan, sal dit beter wees.

Johan W - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Johan W

Mal oor Mabalingwe, nie oor die eenheid.

Ons het eenheid 265B gekry. Goeie goed: Die omgewing is pragtig en ons het lekker gekuier in die lapa. Uitdagings: Die beddegoed ruik nie goed nie. Kon nie gordyn by die bed toemaak nie, want die gordynkap is afgebreek en lê op die grond. Neem dalk jou eie braaitang en teelepels saam, want daar is nie.

Angelique V - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
4/5
Ligging
2/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Angelique V

Mabalingwe baie lekker en rustig.

Matrass se springs het deurgedruk so slaap was nie lekker nie. Mabalingwe self baie baie lekker, almal vriendelik en hulpvaardig.

Joanna B - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Joanna B

Mabalingwe self is 'n baie lekker plek, maar sal nie weer in die eenheid bly nie.

Plek was nie skoon nie. Yskas het vrydag glad nie gewerk nie. Perdebyneste in die dak besmet met spinnekoppe. Het Monique benader, geen terugvoering gekry. Na talle boodskappe het sy gesê bestuur is op pad. Was darem skooner toe ons Saterdagmiddag terugkeer. Maar nesse was steeds daar. Steeds nie 'n boodskap teruggekry van Monique af na ek haar gevra het is alles nou reg by ons eenheid nie.

Doreen O - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Doreen O

Mabalingwe is 'n puik plek.

Plek kort 'n goeie "deep clean" - en meer krag punte.

Anneline L - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Anneline L

Eenheid 0 - Mabalingwe 1.

Dit lyk asof daar 'n paar uitdagings is met die eenheid wat aandag benodig. By ons aankoms was die eenheid baie onnet en vuil, met vuil skottelgoed wat nog nie afgewas was nie. Die meubels was bedek met stof en spinnerakke was oral teenwoordig. Daar was ook 'n veiligheidsrisiko met die stort- en badkrane wat elektrisiteit gelei het, wat ons keer op keer geskok het as ons probeer het om dit te gebruik. Gelukkig is 'n elektrisiën genader en het die probleem tydelik opgelos. Ongelukkig het die probleem later teruggekeer, wat 'n verdere ongerief veroorsaak het. Gedurende ons vyfdaagse verblyf was ons genoodsaak om self op soek te gaan na skoon handdoeke, wat die algehele ervaring verder benadeel het. Dit was duidelik dat daar 'n gebrek aan effektiewe instandhouding en dienslewering was in die eenheid.

Ricus V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Ricus V

Ongemaklik en nie skoon nie.

Eenheid se kamers glad nie af gestof of skoon gemaak nie, slegs beddens was skoon oorgetrek. Bad/stort nie gewas nie en DSTV-dekodeerder en TV-kragpunte nerens te vind om dit aan te sit nie. Mansring op voor kas gelos voor ons vir 'n wildrit gegaan het, want die kluis werk nie. Ek het die eienaar laat weet ek gaan die ring kom haal na die tyd, en toe ek terugkom was dit weg.

Mishack Thabang B - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mishack Thabang B

Awesome.

Nice and peaceful. Nice view.

Geraldine G - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Geraldine G

Had an amazing weekend at Elephant Lodge.

The place was clean and had everything we needed. Had an amazing stay at Tarentaal.

Jodene C - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jodene C

Rustig, privaat en pragtig

Ons het nou al 'n hele paar keer in verskeie eenhede in Elephant Lodge gebly, maar hierdie eenheid staan uit bo die res. Daar is 'n meer, volle DStv-pakket, goeie beligting tydens beurtkrag en meer privaat waarvan ons hou. Ons sal beslis weer hier bly.

Nandi C - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nandi C

Vir ons was dit perfek. Heeldag in Mabalingwe rondgery, gaan eet by Vultures view en Kalahri Oasis gekuier.

Bad was net bietjie klein, maar kon ook shower. My man is net lank en shower is te kort vir hom. Nie regtig die kombuis gebruik nie, behalwe vir koffie maak. Maar dit is 'n baie lekker plek.

Salomie V - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Salomie V

Naweek geniet, sal weer gaan. Mense wat skoonmaak, maak net bolangs skoon.

Baie wild gesien ongelukkig nie een van die groot 5 nie, Mabaligwe self 'n pragtige plek, personeel vriendelik en hulpvaardig.

Lezandra S - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Lezandra S

Ons was baie vriendelik verwelkom by die hoofingang.

Die aanwysings na die chalet is baie maklik gewees en ons was verras met klomp wild op pad na ons chalet toe. Ongelukkig was ons bietjie teleurgesteld met die netheid van die plekkie, die badkamer kort verseker aandag en daar is muf op die teels en die bad is nie reg nie. Die toilet lek vreeslik en teen Saterdagaand was die vloer sopnat gewees. Ons badkamerlig het ook glad nie gewerk nie, ons het een van die skoonmakers die volgende dag daarvan vertel en sy het iemand gestuur om dit reg te kom maak, die eerste aand het ons uitgesien om te braai maar die rooster en braaier was vol nat as en papiere, ons moes dit eers self skoonmaak om vuur te kan maak. Mabalingwe self is 'n pragtige plek en ons het die wildsrit vreeslik geniet en sal verseker graag weer wil bespreek, maar die kamer kort rerig aandag en TLC. Dit sal wonderlik wees as hulle vir gaste 'n gasplaat opsie ook kan voorsien omrede daar ook loadsheddidng was sodat mens net 'n koppie koffie kan maak. Al die personeel was vreeslik vriendelik gewees en ons het baie welkom gevoel.

Modiba William L - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Modiba William L

No load shedding schedule.

The place is dated and needs upgrading.

Alicia P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Alicia P

Teleurstellend.

Dis die 3de keer wat ons plek bespreek by hul en elke keer is daar probleme met die badwater. Die eenheid was vuil en onnet. Daar was nie eers 'n besem of mop om self skoon te maak nie. Ons is bewus dat die eenheid privaat uitverhuur word, maar dit sit ongelukkig 'n slegte ervaring op Mabalingwe en voel nie ons kan dit aanbeveel nie. Ons het my ouma en oupa gestuur vir die wegbreek en is teleurgesteld dat 2 oumensies met dit moes sukkel.

Janina P - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Janina P

Ons het Mabalingwe Nature Reserve baie geniet en sal definitief weer teruggaan. Soveel om te sien en te doen.

Die eenheid is baie kleiner as wat dit vertoon op die foto's. Die kombuis kan doen met paar toevoegings. Die toilet het 'n reuk. Die huisie is oor die algemeen bietjie verwaarloos en kort bietjie opknappingswerk. Daar is 'n probleem met die elektrisiteit. Ons het 'n paar keer geskok as jy in die stort staan en aan die kraan vat. Hierdie het ons dag 2 aangemeld en alhoewel ons 7 dae gebly het, is die probleem nooit aangespreek nie.

Thompson J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Thompson J

Dirty place.

This place is dirty and not maintained well. The owner must invest in the cleanliness of this place. It's a wreck.

Surendra S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Surendra S

Very disappointed.

The unit was dirty. The toilet seat was in poor condition. The sheets were stained.

Sanet D - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sanet D

Awesome.

Great weekend, will visit again.

Monique J - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Monique J

Waarde vir geld.

Kommunikasie was uitstekend en dit het die "incheck" prosedure seepglad laat verloop. Bestuurder was vriendelik en bereid om met enige iets te help. Braaigeriewe-boma was werklik 'n treffer aangesien ons die olifante kon sien terwyl ek gebraai het.

Anonieme gas - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Anonieme gas
Yull P - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yull P

Baie lekker, en baie rustig.

Enigste negative dinge was die mense het lawaai harde musiek gespeel. Die badkamerlig het nie gewerk nie. Die bad was nie baie lekker nie, die stort se kop was gebreek en die water wat uitkom was vuil en die bad was los en het gesak (los getrek van muur). Die aircon het water gelek bo op die klein oondjie/ stofie. Verder as dit was dit baie lekker plekkie ek sal graag weer teruggaan as die reggemaak word. En Monique was baie vriendelik en het ons in die aand gehelp inkom, toe ons niks kon sien met die krag wat af was op die oord. Het ons haar geskakel en sy was baie behulpsaam. Die staff op die oord en bediende was ook vreeslik vriendelik. Ons het baie tuis gevoel.

Ilze A - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilze A

Uitstekend!

Die olifante het tussen my en my man deur gestap, terwyl ons gebraai het, en dit was 'n groot belewenis! Elke oggend en elke aand het die bokke, tarentale, vlakvarke, en patryse sommer in die chalet kom kuier. Ek sal weer en weer soontoe gaan. Weereens uitstekend!

Theo M - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Theo M

Friendly staff and lots of animal to see.

See stars.

Berendine R - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Berendine R

Vuil.

Die grasdak is vol spinnerakke, die badkamerlig werk nie, daar is 'n perdebynes by die voordeur, die 2 klein handdoekke is so uitgebleik en rafel uit nou moet mens daarmee stort in 'n donker badkamer en daar was 'n nes met rooimiere agter 'n stuk hout in die badkamer. Ek het my geld terugversoek, want ons het nie daar gebly nie, net ingecheck en uitgecheck, maar toe weer hou hulle R500. Glad nie goeie ervaring om 2 ure met 2 klein babatjies in die kar te reis en toe weer terug te reis en ons verloor R500 nie.

Doreen V - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Doreen V

Rustig. Netjies. Skoon. Ten volle toegerus. Lekker gerus

Rustig. Netjies. Skoon. Ten volle toegerus. Lekker gerus

Anja M - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anja M

Rus vir die siel.

Weg van die stad, rustig en so baie wild om te sien. Die plekkie sien ons gou weer.

Kevin K - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Kevin K

Nice bush getaway.

The unit was neat and has most things needed for a self catering unit. The atmosphere on the veranda and in the braai boma are very nice and there is plenty of game that walks through the area. The only negative of the boma is that it's very close to that of your neighboring unit. Overall if what you are looking for is a basic bush getaway for a weekend this unit works well.

Jon W - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jon W

Maintenance required.

When we arrived the floor was wet due to load shedding, the fridge had melted. One of the two single beds were damaged, the spring was old and it stuck into your back when you sleep on it. The shower leaked into the outside basin which has a electric plug point underneath it. I am surprised that no one has been electrocuted yet while taking a shower.

Natasja M - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Natasja M

Vuil. Hartseer. Nee.

Die kamer lyk of daar maande laas iemand was. Daar was ten minste 6 dooie vlieë in die bed. Die bad en toilet was vol dooie goggas. Als is vol stof en vuil. Dis grillerig. Die badkamer se water is swart gewees. Daar het niemand skoongemaak voor dat ons kom bly het nie. Ons het half 3 die middag ingekom. Die skoonmaakmense het eers die volgende dag 'n poging aangewend. Die yskas het geen rakke in nie. Die matrasse is deur geslaap, mens voel die yster deur die matrasse. Die bankie en stoep buite is regtig vuil. Jy is te bang om te sit want iets gaan jou klits op die boud, wens daar was 'n besem of iets in die kamer sodat ons dam self kon regmaak. Ons sal glad nie aanbeveel dat enige persoon in hierdie plek moet bly nie. Verstaan dis goedkoper verblyf, maar mens verwag dam dat dit sou skoon wees.

Jessica F - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jessica F

Lovely unit and great location inside the Mabalingwe Reserve.

Improvements: No vegetable drawer in the fridge (storage of groceries challenging). No corkscrew or wine glasses.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Pragtige eenheid en wonderlike ligging in die Mabalingwe-reservaat.

Verbeterings: Geen groente-laai in die yskas nie (stoor van kruideniersware uitdagend). Geen kurktrekker of wynglase nie.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

Leroux S - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Leroux S

Lekker osveld gevoel.

Die plekkies is netjies, maar kort bietjie onderhoud. Braaigeriewe is baie lekker en privaat en beligting is meer as genoeg. Die toonbank waar mens moet koffie maak en mikrogolf area is baie beknop en te hoog vir kort mense. Bo en behalwe dit, is dit baie oulik en ek sal weer daar bly. Hoop hulle doen bietjie onderhoud binnekort.

Hercules T - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hercules T

Here you can clear your mind, relax and forget about stress.

Cutlery not enough. 1 teaspoon. No braai tongs. Rest was super.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Hier kan jy jou kop skoonmaak, ontspan en van alles vergeet.

Eetgery nie genoeg nie, 1 teelepel. Geen braaitang nie. Die res was great.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

Elzaan S - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Elzaan S

Goeie konsep, kort verbetering van verblyftariewe.

Dit was 'n aangename ervaring met pragtige omgewing. Vermaak was goed. Die volgende moet reggestel word: mikrogolf se glasbord was weg, bad se dreineringsgaatjie se doppie is af, kragprop by beddens werk nie, bedrading is onprakties, krag trip wanneer meer as een toestel gebruik word, yskas seël nie mooi nie. Spyskaart by restaurant is beperk en kort meer verskeidenheid. Vir seker dat daar voorraad is vir dit wat op die spyskaart is.

Jannie D - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Jannie D

Lekker bosveld met al die geriewe naby jou.

Wooneenheid kort aandag soos yskas, mikrogolf, muurprop en kooktoerusting, geiser te warm, ens.

Muller C - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Muller C

Great.

Uitstekende diens, beautiful plek en perfekte wegkomsrusarea.

Herman R - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Herman R

Dit was ongelooflik. Die eenheid en braaiboma is uitstekend. Sal beslis terug wees.

Die eenheid was in uitmuntende toestand, netjies, en die boma ideaal vir braaityd. Ook die diere interaksie baie geniet.

Tinus V - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tinus V

Lekker.

Was ongelukkig oor die yskas. Hy het eers als gevries en toe weer ontvries. Ek moes die helfte van my vleis en vrugte weggooi.

Marileen N - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Marileen N

Lekker plekkie vir 'n naweek.

Ons het lekker gebly by Tarentaal. Ons het die plek maklik gekry, en dis baie gerieflik naby aan die swembad ens. Die plekkie is mooi skoon en beddegoed 'crisp-white'. Dit is voldoende vir 'n naweek, maar sou dalk bietjie knap wees as jy langer wou bly. Baie min bêreplek vir kos en geen spasie vir kosvoorbereiding buiten 'n eettafel buite nie. Met n bietjie TLC sal dit beslis waarde vir geld kan wees vir 'n kort wegbreek.

Zahrah B - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Zahrah B

Well equipped unit with DStv which is always a plus.

Had a wonderful stay in unit 170a. Would definitely recommend and book it again, should the opportunity arise. Neat, charming unit, well equipped with DStv included for times when you are exhausted from the beautiful outdoors.

Braam S - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Braam S

Baie lekker!

Baie lekker gebly en naby als. Sal weer teruggaan, miskien net bietjie duur vir wat mens kry.

Mareli S - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Mareli S

Gerieflik vir oornag akkommodasie, maar baie onprakties vir 'n selfsorgeenheid.

Die eenheid is netjies en skoon, maar ons sal dit nie aanbeveel as 'n selfsorg-eenheid nie. Daar is nie sprake van 'n kombuis nie, met geen werksoppervlakte om kos voor te berei nie. Die yskas is piepklein en die tweeplaatstoof en opwaswasbak is buite die eenheid. Kuier by die boma was baie onaangenaam a.g.v. 'n riool reuk wat in die lug gehang het, moontlik oor die stroompie wat voor die eenheid verby loop. Die eenheid is gerieflik naby die aktiwiteite-area geleë en ons het maar meeste van ons tyd daar spandeer oor die redes vroeër genoem.

Elmarie S - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Elmarie S

Mabalingwe-omgewing is pragtig. Elephant Lodge Unit 170 Tarentaal het dringend aandag nodig.

Die voordeur slot/handvatsel is stukkend. Die toiletsitplek is besig om te verweer. Hierdie is "kleinighede". Buite is die "french-drain" inmekaargesak en lê heeltemal oop. Buiten dat die reuk aaklig is en dit byna by die braai-boma en kombuisie is, waar 'n mens kosmaak en eet is dit werklik onveilig en onhigiënis. Die plaveilsel reg by die trappie na braai het ingesak, my man het in die donker daar geval en sy voet verstuit. Donker omdat al die buiteligte na en by die braaiplek stukkend is - een lê op die grond en die ander werk nie. Binne was geen verslag of voorraadvorms nie.

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal se terugvoer

Goeie dag Elmarie

Ek is vreeslik jammer vir julle gevoel en ervaring oor verskeie aspekte. Ek was nie bewus van die French-drain wat inmekaar gesak het nie, ek het dit dadelik gerapporteerd en daar is werk gemaak daarvan. Ons het 24/7 'n bestuurspan wat bereidwillig is om enige gaste tevrede te stel, indien daar moonlike probleme mag opduik bv n buiteling wat geblaas het, indien dit dan gerapporteer was. Ek is bewust dat die Olifante oor daardie tydperk in die omtrek was van ons eenhede, en dit kon moontlik die oorsaak gewees het vir die ligte wat op die grond was, weens die olifante soms skade kan aanrig. Ons sit ongelukkig nie n voorraadvorm in die eenheden nie, weens ons bewus is dat dit menselik is om perongeluk n bord of glas te breek, en dus vertrou ons die gas om moontlik skade wat deur gas gedoen is aan ons te rapporteer en dus sal ons dit vervang. Daarom vra ons ook geen breekskade deposito nie, weens ons op die gas se lojaliteit staat maak.
Weereens is ek jammer vir die ongerief wat julle ervaar het.
Baie dankie

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal
Jeanine M - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Jeanine M

Ons het nie gekry waarvoor ons betaal het nie.

Die dame wat die besprekings doen het ons nie beïndruk nie. Ek dink nie sy weet regtig wat daar aangaan nie. Sy het nie geweet hoe om aan ons te verduidelik hoe om daar uit te kom nie. Sy het ons in 'n ander huis gesit, nie Tarentaal nie. By die eerste eenheid was daar net 1 handdoek en geen toiletpapier nie. Tweede eenheid het een groot en een klein handdoek gehad, ons is 2 volwassenes. Ons het haar gevra waar ons braaiplek is, want Tarentaal is basies op jou stoep. Ons moes 'n paar meter in die bosse inloop om ons lapa te kry. Sy sê dat Tarentaal blykbaar water probleme het. Die dag wat ons moes vertrek stuur sy vir my Tarentaal se kode om die sleutel te kry. Ek het daar verby gery en daar het mense op die stoep gesit. Dis regtig jammer oor ons ervaring, want die plek is regtig baie mooi. Ek dink hulle moet eerder 'n bekwame persoon aanstel om die besprekings te hanteer.

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal se terugvoer

Goeie dag Jeanine

Ek hoop dit gaan goed met jou.
Ek is jammer dat julle nie julle besoek by ons geniet het nie.
In verband met die aanwysings, stuur ek vir al my kliente 'n WhatsApp location wat altyd effektief werk, soos wat ek vir julle gestuur het. Die adres van Mabalingwe Natuur Reservaat is ook beskikbaar op die bespreking platvorm en asook op Mabalingwe Natuur Reservaat se webtuiste. Julle het dus verdwaal en dit is onmoontlik om vir iemand aanwysings te gee indien nie ek of jy self geweet het waar julle was nie. My kollega het dus vir julle gevra om vir ons n location te stuur van waar julle was, om ons instaat te stel om vir julle aanwysings te gee van julle location af tot by Mabalingwe Natuur reservaat. Hy het julle dus baie deuglike aanwysings deurgegee, en julle was binne 30 min by julle eenheid.

Ek moes julle dringend in n ander eenheid van ons inskuif, weens die olifant alweer pype uitgeruk het, en die water dus bruin was en ek nie julle in die eenheid wou laat ingaan waar die eenheid se water bruin was nie.

Die boma van die eenheid Tarentaal is plus minus 5 meter van die eenheid af, ongelukkig het julle in die donker by die eenhede aangekom en die eenheid waarin ek julle toe in geakkomodeer het se Boma is bietjie verder in die bos in langs die vlei, om n bosatmosfeer vir ons kliente te skep.


Jammer vir die ongerief.
Baie dankie
Monique Leigh

Mabalingwe Elephant Lodge Unit 270A Tarentaal
Wollie P - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wollie P

Baie oulik.

Net baie warm. Dakwaaiers nie voldoende vir die hitte.

Cheyne G - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cheyne G

'n Baie lekker naweek weg gewees in 'n besonderse goeie en mooi plek.

Ek en my meisie het die naweek weggegaan en in Elephant Lodge by Mabalingwe oorgeslaap en verloof geraak. Dit is 'n uitstekende plek en sal dit aanbeveel vir enige iemand wat wil wegbreek van die stad af.

Anonieme gas - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Anonieme gas
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Naby die R516, Mabalingwe Nature Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1rmo5Q1gJClkzvciKTsOLNWZBw7NJV4DTS31mabbrybjIGsFMV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 52 5 1 4 Off the R516 Mabalingwe Nature Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.821561455259 28.063169717789

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang