Makhato Lodge 29
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 270 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato Lodge 29 is 'n selfsorg-boshuis met 'n grasdak in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Die Sondela Natuurreservaat in Limpopo is 'n privaat wildreservaat, net 150 km van Johannesburg af, waar besoekers die rustigheid van die bosveld kan geniet, sebras, koedoes, rooibokke en kameelperde kan sien, en kan voëlkyk.
Lodge 29 het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer op die boonste verdieping, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n pootjiesbad, 2 wasbakke, 'n aparte toilet en 'n groot buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, groot stort, 2 wasbakke en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die solderkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers het plafonwaaiers en olieverwarmers. Die eerste, tweede en derde slaapkamer het deure wat na die geplaveide buitearea rondom die huis lei.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n toonbank met stoele in. Die eetarea het 'n tafel en stoele vir 8 gaste. Die ruim sitarea het 'n plafonwaaier en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel met 8 stoele, 'n ingeboude braai en 4 sonstoele met sagte kussings. Daar is ook 'n boma met stoele en 'n vuurput.
Die huis het sy eie watergat waar wild gewaar kan word en is baie privaat geleë, omring deur inheemse bosse en bome, en uit die oog van ander huise. 'n Groot geplaveide motorafdak is beskikbaar.
Sondela spog met 'n restaurant en kroeg op die perseel, 'n plaas-koffiewinkel, 'n algemene handelaar vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en die Iketla Wellness and Spa. Daar is baie aktiwiteite om besoekers besig te hou, insluitend wildritte, perdritte, fietse om te huur, 'n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielritte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 173
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato Lodge 29 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang