Makhato Lodge 81
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 740 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato Lodge 81 is 'n selfsorggrasdak-boslodge in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Dié privaat wildreservaat is in Limpopo, 150 km buite Johannesburg en is die ideale plek om die Bosveld se rustigheid, ontmoetings met sebras, koedoes, impalas, kameelperde en voëlkyk te geniet.
Lodge 81 is geskik vir 8 gaste en het 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 4 badkamers, die hoofslaapkamer het 'n buitestort, asook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet, 2 wasbakke en 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n privaat ingang van buite en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, 2 wasbakke en 'n toilet. Al die slaapkamers het lugversorging en plafonwaaiers. Die oopplan-solderkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens. Dié kamer het 'n badkamer op die onderste verdieping met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die eetarea het 'n tafel vir 8 en die sitarea het 'n kaggel, gemaklike sitplek, 'n plafonwaaier en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n pragtige lapa met 'n ingeboude braai en buitemeubels. Die huis het ook 'n buiteboma met 'n vuurput. Onderdakparkeerplek word voorsien vir 4 voertuie.
Sondela bied 'n restaurant en kroeg op die perseel, 'n koffiewinkel, 'n algemene handelaar vir basiese benodigdhede, gemeenskaplike swembaddens, 'n wildsentrum en die Iketla Wellness and Spa. Gaste kan wildkyk, perdry, fietse huur en 'n 4x4-hindernisbaan en begeleide vierwielmotorfietsritte aandurf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 173
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Makhato Lodge 81 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Tweefontein Plaas 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang