Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mamba House

Spesiale Aanbod 35% af

Kry 35% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Aug 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 1924, Marlothpark, 2310, Mpumalanga
  • Vanaf R1 250 R813 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Mamba House is 'n knus selfsorghuis vir 8 gaste in die bosveld in Marlothpark.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. 'n Dubbelslaapbank is in die leefarea beskikbaar en die badkamer beskik oor 'n stort, bad en toilet. Gaste moet asb. hul eie handdoeke, toiletware en toiletpapier saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas, ysmasjien en 'n ketel vir die gasstoof.

Die leefarea het 'n TV met 'n radio/DVD-speler. Daar is nie DStv nie, maar gaste kan op die TV stroom. Buite is 'n ruim kuierarea met ingeboude braaigeriewe en plonspoel. Daar is ook onbeperkte WiFi. Die woning is ook toegerus met noodliggies in die geval van beurtkrag. Albei kamers beskik ook oor herlaaibare bedliggies langs die bed.

Mamba House is net 2 km vanaf die Krokodilrivier-uitkykpunt. Besoekers aan Marlothpark het die geleentheid om talle vrylopende wild te sien en deel te neem aan aktiwiteite soos voëlkyk, fietsry en stap. Die dorp het ook 'n waterpark en basiese geriewe soos 'n drankwinkel, restaurante, bakkery, slaghuis, snuisterywinkel en 'n vulstasie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderstapelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.1
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Louw P
Saam met vriende
5.0
Lekker rustig en privaat. Die verblyf was pleasant. Daar is volop diere en lekker privaat.
Jun 2024
Monique G
Saam met vriende
5.0
Baie lekker plekkie om in te bly, ligging is perfek sal weer daar gaan woon. Sien sterre.
Jun 2024
Leanne P
Gesin met tieners
5.0
Enjoyable. Will be back. Kitchen a bit small. Comfortable for 3 or 4 people, no more.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Jelome H
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker en gerieflik. Toegerus met alles wat mens nodig het. Baie lekker gebly. Baie dankie.
Mrt 2024
Nadene E
Gesin met tieners
5.0
A little piece of Heaven. Wonderful little house to unwind, swim and braai after a busy day of viewing animals and exploring Marloth Pa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Mambastraat 1924, Marlothpark, 2310, Mpumalanga
  • Gaste dink Mamba House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R1 250 R813
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 250
R1 250 R813
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 1924, Marlothpark, 2310, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2eabf23bf93b12e787a758f5d13100ebee251097465557fb08a29d5ca543071648e5a97bb73b9d7a0508da17e12aa8703d15?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R813 per nag (plek vir 8) 15 5 1 5 1924 Mamba Street Marloth Park 2310 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.341354625495 31.77289117791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang