Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Marichel 4

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Shaka's Rock, Thompson's Bay, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Marichel 4 is 'n luukse woonstel wat oor Thompson's Bay in Ballito kyk. Dit is die ideale ligging vir 'n gesinsvakansie, romantiese of rustige wegbreek.

Die woonstel het 3 en suite-slaapkamers met lugversorging en die vierde slaapkamer het gastegeriewe en 'n stort langsaan. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 3 slaapkamers het 2 enkelbeddens wat op versoek in koninggrootte-beddens omskep kan word. Die eenheid het 'n TV-kamer, oopplan-kombuis, eetarea en 'n formele sitkamer wat toegang tot 'n groot stoep met 'n sitarea en etenstafel bied. Daar is ook DStv en WiFi.

Gaste het toegang tot 'n dubbel-toesluitmotorhuis. Die strand is bereikbaar deur 'n geslote hek op die perseel en daar is 'n gemeenskaplike swembad by die ingang na dié veilige kompleks. 'n Gasbraai is beskikbaar. Die eenheid word elke dag behalwe op Sondae en openbare vakansiedae skoongemaak.

Dié eksklusiewe kompleks is in 'n Bali-styl en het 'n omheinde, gemeenskaplike swembad, privaat toegang tot die strand, ononderbroke see-uitsigte, dolfyn- en walviskykgeleenthede en 'n pragtige, seisoenale tuin.

Let wel dat studente- of skoolgroepe sonder ouertoesig nie toegelaat word nie.

Die lughawe is sowat 20 km weg. Durban is die naaste stad en is sowat 60 km weg. Thompson's Bay is as Clifton-strand van KwaZulu-Natal bestempel en spog met 'n lang strand, rotspoele en 'n lekker swemarea met haainette en lewensredders. Daar is ook 'n groot getypoel, Charlie's Pool.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Ocean-rylaan 87, Shaka's Rock, Thompson's Bay, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Marichel 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 87, Shaka's Rock, Thompson's Bay, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAun9k9AMsDcGg8Nrj97l87URpJ1lND5wjDxiXhTr0LvOPtCcX2J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag (plek vir 8) 21 5 1 5 87 Ocean Drive, Shaka's Rock Thompson's Bay 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.521030558579 31.226813793182

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang