Marloth Wild Fig
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 27 Feb 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R920R644 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Marloth Wild Fig bied 'n rustige toevlugsoord aan in die ongerepte bos wat Marlothpark omring. Dit is sowat 5 minute se stap deur bosveld na die Krokodilrivier wat langs die Krugerwildtuin is. Marlothpark is 'n bewarea en 'n vakansiedorp wat aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin geleë is. Dit is 'n gewilde bestemming vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en bied 'n kans om die befaamde Groot Vyf te besigtig.
Die huis en ateljeewoonstel het 'n sonkragstelsel en ervaar nie beurtkrag nie.
Die hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n goed toegeruste kombuis, leefarea en 'n derde buitestort. Daar is ook 'n gemaklike rusbank is in die leefarea.
Die ateljeewoonstel is vir 2 gaste geskik en het koninggrootte-bed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis met 'n skottelgoedwasser wat na die leefarea lei. Daar is ook 'n uitvou-slaapbank en 'n privaat Jacuzzi wat gebruik kan word. Die Jacuzzi-pomp sal van 19:00 tot 09:00 afgeskakel wees.
Albei eenhede het 'n platskerm-TV met toegang tot Netflix en DStv (eie rekening), asook YouTube en gratis WiFi. Albei eenhede het braaigeriewe. Die lugversorging werk met koopkrag.
Doendinge in die omgewing sluit wildritte, wildbesigtigings, voëlkyk, 4x4-roetes en voetslaan in die omgewing in. Gaste kan wandel of fietsry langs die grens van die Krugerwildtuin en Krokodilbrug is sowat 15 minute se ry vanaf die eiendom en is die naaste ingang tot in die Krugerwildtuin.
Daar is 2 klein winkelsentrums in Marlothpark en heelwat restaurante, asook 2 gemeenskaplike swembaddens sowat 3 km vanaf die eiendom. Een van hierdie swembadgeriewe is ’n waterpark met swembaddens, glybane en ’n putt-putt baan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Mariette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 44
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Marloth Wild Fig het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisstraat 1538, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang