Marlothii Safari House
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Marlothii Safari House is in die Marlothpark bewarea en vakansiedorpie in Mpumalanga, waar wilde diere rustig tussen die huise rondbeweeg.
Dié dubbelverdieping-grasdakhuis beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens op die grondvloer, 1 oopplan-kamer met 'n koningingrootte-bed op die eerste vloer en 'n driekwartbed in die sitkamer bo. 'n Ekstra enkelbed kan ook bygevoeg word. Onder is daar 'n badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet. Bo is daar nog 'n toilet en 'n buitestort op die dek.
Die 2 kamers op die grondverdieping het lugversorging en daar is waaier in elke kamer, asook 'n plafonwaaier op die boonste verdieping. Die lugversorgers werk met koopkrag en daar word eenhede opgelaai, maar indien dit op is, moet gaste self nog koop.
Die ruim sitkamer en eetarea is bo en onder is daar 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en het 'n wasmasjien. Die sitarea beskik oor gemaklik sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is houtdekke rondom die huis op die boonste vloer. Gaste kan lekker hier ontspan, die wild bewonder, asook die meer as 300 voëlspesies in die omgewing probeer identifiseer. Daar is ook nagapies om te voer.
Op die onderste verdieping is 'n lekker groot patio met 'n tafel, gemaklike rusbank, stoele, 'n plonspoel en braai-area. Daar is ook 'n lekker boma waar gaste om die kampvuur kan ontspan.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Stort
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Santa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Marlothii Safari House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameelperdlaan 1483, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang